TV Plus (Afrikaans)

‘Ek wil skei!’

Bridgette wil niks meer van Ian weet nie.

-

Suidooster

Ma.-Do. kykNET (*144) 18:30

Bridgette (Denise Newman) is keelvol vir haar man, Ian (Abduraghma­an Adams), die slinkse sakeman en eienaar van Suidooster-Eiendomme. Dinge het te ver gegaan, en sy wil finaal skei.

“Bridgette voel verneder en seergemaak deur Ian,” sê Denise. “Sy bedrog by Suidooster-Eiendomme en tyd in die tronk [in Augustus] was die laaste strooi. Bridgette kan nie meer met sy magspeletj­ies en onderduims­e planne saamleef nie. Sy weet dis net ’n kwessie van tyd voordat Ian weer met die een of ander bose plan besig is. Sy’s moeg om met sulke onsekerhei­d saam te leef en glo Ian het homself meer lief as enigiemand anders.”

’N STREEP IN DIE SAND

Die eerste ding wat sy doen is om uit te trek. “Sedert Ian uit die tronk is [op 28 Augustus] het sy na hul dogter, Nicole [Gerwen Simon], in Seattle gevlug,” vertel Abdu. Maar die ma-dogter-kuier word gou kortgeknip wanneer Ian haar geld afsny en sy moet terugkeer Ruiterbosc­h toe (op 13 September). Tog is sy meer vasbeslote as ooit tevore om ’n einde te maak aan hul huwelik.

Ian besef hy sal moet uithaal en wys om sy vrou te behou, en vir eers skuif hy sy geveg teen sy vennoot en skoonsus Lee-Ann (Portia Joel) – wat hom in die tronk laat beland het op aanklag van bedrog – opsy om sy huwelik te red. Hy probeer sy gewone mooipraatj­ies en beloftes, maar Bridgette hou voet by stuk. En op Maandag 18 September sien ons Ian besef sy wil werklik van hom skei.

VRYHEID EN VUILSPEL

Maar Ian gooi nie gou die handdoek in nie, en hy wend hom tot vuilspel. Op Woensdag 20 September begin hy terugveg deur Bridgette te dreig hy gaan haar platsak los as sy voortgaan met die egskeiding. Dit traak haar niks. “Vir die eerste keer is haar vryheid vir haar belangrike­r as rykdom. Bridgette is ’n sterk vrou en sal heel anderkant uitkom. Gelukkig het sy nog haar aandele in die Suidooster-Sentrum,” sê Denise.

Maar dan raak die vuilspel gemeen wanneer Ian op Maandag 25 September ’n plan beraam om Bridgette se buite- egtelike verhouding (in Februarie) met die fotograaf Ismail (Sherman Pharo) teen haar te gebruik. Dit gaan haar dalk twee keer laat dink oor die egskeiding. Helaas.

 ??  ?? Ian het sy vrou, Bridgette, genoeg verneder en seergemaak, en sy is siek en sat vir hul huwelik. Ismail. Nicole.
Ian het sy vrou, Bridgette, genoeg verneder en seergemaak, en sy is siek en sat vir hul huwelik. Ismail. Nicole.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa