TV Plus (Afrikaans)

Geheime komplot

Conrad, Annelize en Elana span saam om At se mag te breek.

-

Binnelande­rs

Weekdae kykNET (*144) 19:30

Genoeg is genoeg! Dr. Conrad Bester (Hykie Berg) is keelvol om na sy manipulere­nde en knorrige pa, dr. At

Koster (Hans Strydom), se pype te dans. En met die ambisieuse dr. Annelize Roux (Cindy Swanepoel) aan sy sy word Conrad magshonger. Maar hoe gaan hulle dit regkry om die invloedryk­e At se mag te verminder?

Wel, twee koppe is beter as een. Conrad en Annelize bedink saam ’n slim plan om Conrad se magsbasis in Binneland te verstewig. Maar hulle gaan dit nie alleen kan doen nie – hulle sleep Conrad se rissiepit-stiefsuste­r dr. Elana Bester (Ilne Nienaber), wat ook nie veel ooghare vir At het nie, by hul slinkse planne in.

“Elana is ’n pion en eers is sy onwillig, want sy meen dit kan ander personeell­ede in Binneland benadeel, maar dan begin sy saamspeel,” vertel Ilne.

Die drie begin op Donderdag 14 September om als stap vir stap uit te werk – maar dit verloop nie heeltemal volgens plan nie.

GOED DEURDAGTE PLANNE

Conrad se uiteindeli­ke doelwit is duidelik – hy wil volle beheer oor die ongevalle-afdeling verkry deur dit te privatisee­r.

“Dit beteken Elana kan dan ’n chirurgpos hier kry en Annelize kan hoof van die afdeling word,” verduideli­k Ilne. Maar om die doel te bereik sal hulle eers moet bewys At hou nie sy vinger op die pols van ongevalle nie en privatiser­ing is in die kliniek se beste belang.

Aanvanklik lyk dit of alles netjies in plek val. Elana se onlangse aanstellin­g [op Maandag 11 September] as

Bronwyn (Kim Cloete) se assistent gee haar makliker toegang tot inligting, en sy kan vir hulle spioeneer.

“Elana laai ’n spioenasie­program op Bronwyn se rekenaar af waarvoor hulle belangrike data vir ontleding kan voer. Wanneer Quinton [Ramey Short] op die stiffie afkom, moet sy mooi trap om nie hul planne weg te gee nie.”

Elana se hegte vriendskap met Quinton kom verder goed te pas, want sy kan in ongevalle rondhang, kwansuis om saam met hom te kuier. “Quinton wil natuurlik meer as net vriendskap uit die verhouding hê, en Elana speel saam en misbruik hom,” sê Ilne.

Op Maandag 18 September bars die eerste bom in die kliniek – daar’s ’n groot probleem met ongevalle se voorraad. Wanneer Annelize Bronwyn konfrontee­r oor voorraad wat nie afgelewer is nie, vind sy uit die sekuriteit in ongevalle is nie so waterdig as wat almal dink nie.

GEWAPENDE ROOF

Annelize vind uit die Kosters reël ’n groot ete op Donderdag 21 September en besef sy gaan die aand alleen aan diens wees.

“Annelize reël ’n gewapende rooftog in ongevalle om te bewys hoe swak die sekuriteit is. Conrad skop eers vas teen sulke drastiese planne, want hy’s bang die rooftog kan boemerang. Maar hy is soos klei in Annelize se hande en gee weer in,” verklap Ilne. Tog wil Conrad nie hê Elana moet voor die tyd van die beplande gewapende rooftog weet nie, want hy’s bang sy dwarsboom hul planne.

Die groot aand breek aan, en Annelize het alles onder beheer. Quinton en Elana is ook na die Koster- ete genooi, maar Elana wip haar weer vir At en besluit om vroeër huis toe te gaan en by Conrad in ongevalle te gaan inloer. “Min weet Elana wat op haar in ongevalle wag,” vertel Ilne. “Sy’s op die verkeerde tyd op die verkeerde plek.”

 ??  ?? Annelize (links), Elana en Conrad sit koppe bymekaar. Annelize.
Annelize (links), Elana en Conrad sit koppe bymekaar. Annelize.
 ??  ?? Elana (links) en Annelize word bondgenote.
Elana (links) en Annelize word bondgenote.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa