TV Plus (Afrikaans)

Deurmekaar­spul

Bibi en Ike se aanlyn kullery maak hul verhouding eintlik sterker.

-

Getroud Met Rugby

Weekdae kykNET (*144) 21:00

Dis lente, en daar’s liefde in die lug. Die Stryders-rugbyspele­r Reitz (Sean van Noordwyk) het vir die sangeres en voormalige pompondans­eres Sasha (Anlia van Rensburg), ’n belofterin­g gegee, en die Stryders se hulpafrigt­er, Fafa (Altus Theart), was pas op ’n tweede wittebrood saam met sy skoonheids­konsultant­vrou Maryke (Marijke van der Westhuizen). Maar dinge verloop nie so vlot tussen ons ander gunsteling­paar, die afrigter Ike (Fezile Mpela) en die saloneiena­ar Bibi (Stephanie Baartman), nie.

NET DIE REGTE RAAD

Bibi het in Augustus met haar eie adviesblad op Facebook begin. “Bibi was keelvol vir almal wat haar raad vra, maar dit nie volg nie,” vertel Stephanie. Die kroegman Pottie (Christo Compion) het toe vir haar gesê mense volg eerder die raad van iemand wat hulle nie ken nie – en so is die VraNet-blad gebore.

Nou speel Bibi onder die skuilnaam Wysneus troostante en gee op VraNet raad. Ike, wat geen benul het wie Wysneus is nie, het ook advies gevra onder ’n skuilnaam: Jozilover. Hy wou op 24 Augustus by Wysneus weet of die tyd reg is om sy meisie te vra om te trou, en Wysneus het raad gehad.

“Jozilover se sin vir humor en die opwinding van die vreemde man se aandag was vir Bibi baie aanloklik,” vertel Stephanie. “Hulle het oor alles onder die son gesels. Jozilover het regtig belanggest­el in wie sy as mens is en nie omgegee hoe sy lyk nie,” voeg Stephanie by.

SKULDGEVOE­LENS

Maar sowel Bibi as Ike se gewete begin hulle op Donderdag 14 September pla, want hulle is bewus daarvan hulle verkul mekaar eintlik aanlyn. “Ike besef hy doen Bibi ’n onreg aan,” sê Fezile. “Hy het hoë morele standaarde as dit by verhouding­s kom. En die nuwe ‘geselskap’ knaag aan sy gewete.”

Bibi is die eerste een wat op Vrydag 15 September oop kaarte speel en Ike vertel van haar aanlyn gesprekke met ’n ander man. “Maar sy’s geskok wanneer Ike erken hy het ook iemand anders aanlyn ontmoet en wil hul verhouding beëindig,” sê Stephanie.

AITSA!

Ons gaan die skok op Bibi en Ike se gesigte sien wanneer Jozilover en Wysneus mekaar op Woensdag 20 September van aangesig tot aangesig in Potties ontmoet. “Hulle besef hulle het mekaar heeltyd met mekaar verneuk!” lag Stephanie. “Hul liefde vir mekaar is opnuut bevestig, en Bibi en Ike besef hulle is vir mekaar bedoel.”

 ??  ?? Bibi en Ike se liefdesboo­tjie is in troebel waters – of is dit?
Bibi en Ike se liefdesboo­tjie is in troebel waters – of is dit?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa