TV Plus (Afrikaans)

Wie’s jou pa?

Tladi en Ashanti stoei ná ’n bekentenis met ’n vaderlike raaisel.

-

Keeping Score

Ma.-Di. SABC2 (*192) 21:30

Keeping Score-kykers was nog altyd bewus van die ASA-gimbestuur­der Mmamosa (Sonia Mbele) se geheim: haar seun Tladi (Solomon Sebothma) is die seun van haar eens ware liefde, Justice (Saint Seseli). Justice het Mmamosa as ’n swanger tiener gelos en hy herken haar nie as die meisie van 20 jaar tevore nie. Maar die DNS-geheim is op die punt om onthul te word, of Mmamosa osa gereed is of nie. Op Maandag 18 September blaker Justice se dogter Botho (Moliehli Makobane) woedend die waarheid uit nadat sy dit in Augustus by Mmamosa tydens ’n dronk biegsessie gehoor het. t. En dis nie al nie: Terwyl sy haar oorlede ma se dagboeke gelees het, het Botho uitgevind Ashanti (Shalima Mkongo) is nie haar sus nie!

OU WONDE OOPGEKRAP

“Tladi is geskok oor die nuus. Hy konfrontee­r sy ma en heimlik hoop hy wat Botho gesê het, is ’n leuen,” verduideli­k Moliehli. “Hy dink Botho sê dit omdat sy onseker is oor Tladi en Ashanti se verhouding.” Botho en Tladi het nader aan mekaar gekom tydens sy verhoor toe hy valslik van verkragtin­g beskuldig is, en Botho het verlief geraak op hom, maar nie geweet sy hart behoort aan Ashanti nie. Daar is nie goeie nuus vir Tladi nie – Mmamosa bevestig nie net Justice is Tladi se pa nie, sy toon ook geen berou omdat sy dit weggesteek het nie. “Dis walglik,” sê Moliehli. “Die waarheid is die laaste ding wat hy wou hê.”

NUWENUW WAARHEDE

Bot Botho gaan voort op haar vern nietigende pad op Maandag 18 September en het skoknuus v vir haar “suster”. “Botho sê vir A Ashanti Justice is nie haar pa n nie en Ashanti is baie ontsteld,” ve verduideli­k Moliehli. “Ashanti se lewe is ’n leuen en sy kan nie nou na Justice toe gaan nie – sy vertrou hom nie.” Ashanti neem die verlamde atleet Lebona (Mothusi Magano) in haar vertroue. “Sy sê vir hom sy het afleiding nodig terwyl sy die inligting verwerk, en hy soen haar,” onthul Moliehli. Maar daar’s ’n probleem . . . Ashanti is nog verloof aan Tladi!

 ??  ?? Botho veroorsaak chaos vir Tladi (links) en haar suster, Ashanti (regs).
Botho veroorsaak chaos vir Tladi (links) en haar suster, Ashanti (regs).
 ??  ?? Mmamosa se leuens word bekend.
Mmamosa se leuens word bekend.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa