TV Plus (Afrikaans)

(Om)gekoopte bruid

“Dollar” Bill wil Brooke as sy bruid hê, al moet hy haar “betaal” om met hom te trou.

-

The Bold And The Beautiful

Weekdae SABC3 (*193) 18:30

Die genadelose sakeman Bill Spencer (Don Diamont) gooi een bate weg en neem besit van ’n ander. Dis goeie besigheids­in. Maar is dit ’n goeie romanse wanneer die bate van wie hy ontslae raak

Katie (Heather Tom) is, en die nuwe bate haar suster Brooke (Katherine Kelly Lang)? Miskien moet Bill die transaksie aanloklik maak, want hy het iets wat albei susters wil hê: aandele wat hom 12,5% eienaarska­p van Forrester Creations gee. Dieselfde aandele wat almal wil hê noudat die Forresters seker is hul baas-pa Eric (John McCook) het sy varkies verloor omdat hy met Bill se eks Quinn (Rena Sofer) uitgaan.

DEEL MY LEWE

Op Woensdag 20 September sê Bill vir Brooke hy sal nooit vir Ridge ( Thorsten Kaye) “die aandele” gee nie, want “hy kan nie ’n vulstasie bestuur nie”. En Bill wil dit ook nie vir Katie gee nie, want “ek bied haar ’n uiters vrygewige pakket van $50 miljoen, miskien meer, aan. Ek voeg die vliegtuig by. Ek soek ’n nuwe straler.”

Maar Bill is bereid om ’n ooreenkoms met Brooke aan te gaan en hy sê vir haar: “Katie het nog nie die egskeiding­skikking geteken nie. Moedig jy haar aan om dit te teken – wat ons huwelik amptelik sal beëindig – en ek verkoop nie my Forrester-aandele nie. Ek sal dit vir jou gee. Op ons troudag. Dit sal my trougesken­k aan jou wees. Doen daarmee wat jy wil. Ek gee nie om nie. Solank ek jou het.”

 ??  ?? Bill is bereid om groot geld uit te haal om Brooke te kry.
Bill is bereid om groot geld uit te haal om Brooke te kry.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa