TV Plus (Afrikaans)

18 – 22 SEPTEMBER

-

Ridge neul by Brooke oor sy lewe in ’n hotel, trek by Thomas in en span saam met die Forresters teen Quinn. Ridge vra Katie om Bill se Forrestera­andele by hom te kry, maar Bill weier. Wyatt probeer Quinn by die Forrester-huis uitskop, en Katie vertel Ridge Brooke en Bill is weer ’n paartjie, en Bill belowe Brooke hy sal haar die Forrester-aandele op hul troudag gee. Sasha en Thomas kan nie ophou soen nie, en Thomas probeer Sasha en Nicole help om versoen te raak. Pam is onbeskof teenoor Eric, Thomas raai Steffy aan om Wyatt te los, en Wyatt besef Liam is besig om Steffy die hof te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa