TV Plus (Afrikaans)

Molesmaker

Ná ’n dronk Vegas-troue met Brady laat Theresa haar nuwe skoonpa in ’n koma beland!

-

Days Of Our Lives

Weekdae e.tv (*194) 17:30

Die wilde partytjiem­eisie Theresa Donovan (Jen Lilley) is moeilikhei­d met ’n hoofletter M. En ons almal weet Brady Black (Eric Martsolf) kan net nie van moeilikhei­d wegbly nie. Hy sê vir Theresa op Donderdag 14 September om haar “partytjiev­oorrade” bymekaar te kry en die twee sit af na die berugte Las Vegas Strip op Maandag 18 September. Dit lyk of hulle ook by die Little Vegas Chapel gestop het, want wanneer Theresa Brady probeer regop help ná hy stomdronk by die dobbeltafe­ls word, het hulle bypassende trouringe aan wat goed by hul ooreenstem­mende pa-kwessies pas.

MONSTER-SKOONDOGTE­R

Theresa sleep Brady terug huis toe na die Kiriakis-herehuis op Woensdag 20 September, maar vind uit hy kan niks van hul troue onthou nie. Ná hy weer omkap maak Theresa ’n vinnige oproep na Brady se pa, John (Drake Hogestyn). Glad nie beïndruk met haar goedkoop ring of die huwelikser­tifikaat nie, sê John vir haar dit sal kinderspel­etjies wees om die huwelik nietig te laat verklaar. Maar Theresa het ’n voorstel – gee haar $1 miljoen en sy gaan sonder ’n geraas weg . . . vir goed. As sy net meer aandag aan haar pa, Shane (Charles Shaughness­y), se spioenasie­werk gegee het. Sy ekskollega John neem hul gesprek op en belowe Theresa: “As Brady jou regtig leer ken, gaan hy jou haat vir die selfsugtig­e liegbek wat jy is.”

KOMA-KOMPLIKASI­ES

Wanneer hul argument later die dag fisiek word, moker Theresa John oor die kop met ’n vuuryster. Groot fout! Theresa het waarskynli­k John se hele identiteit herlaai. John is ’n man wie se persoonlik­heid van ’n enkele data- CD in die DiMera-kelder opgelaai is, en Jen lag: “John Black is ’n meesterspi­oen en ek weet nie hoe hy dit nie sien kom het nie. As ’n aktrise was dit vir my skreeusnaa­ks en ek was bly hulle het my daarmee vertrou. Ek het nog gesê: ‘Ek hoop nie ek slaan jou te hard nie!’”

’n Geskokte Theresa sit die vuuryster in die hand van haar bewustelos­e man Brady op Donderdag 21 September. En met John wat op Dinsdag 26 September in ’n koma is, wie kan sê sy jok oor die konfrontas­ie wat sy tussen die twee mans gesien het?

 ??  ?? Glimlag en sê ja! Brady en Theresa haak blitsig af in ’n Vegas-troukapel.
Glimlag en sê ja! Brady en Theresa haak blitsig af in ’n Vegas-troukapel.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa