TV Plus (Afrikaans)

18 – 22 SEPTEMBER

-

Grace is woedend wanneer sy sien JP leef nog, Neo word opnuut verseker wanneer hy Hlengiwe se storie in druk sien, en Lerumo is in konflik oor die situasie by die Newtonian nadat hy met Grace gepraat het. Boniswa stel ’n privaat speurder aan om Yvonne te volg, en Ingrid konfrontee­r die persoon wie se date-profiel sy gesien het. Gloria probeer Zinzile gearrestee­r kry nadat hul bakleiery opslae maak op die internet, en Lindiwe en Kgosi smeek Tsatsi om te help nadat die Ngemas en Legaes bande verbreek het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa