TV Plus (Afrikaans)

’n Vriendin in nood

MaNgcobo word dalk deur iemand uit Sunnyhill gehelp . . .

-

Uzalo

Weekdae SABC1 (*191) 20:30

MaNgcobo (Dawn Thandeka King) se “spook”-verlowings­partytjie het op Woensdag 6 September ’n nagmerrie geword. Sy is in haar kamerjas op haar bed vasgedruk deur “die wit jasse” van die Sunnyhill- geestesinr­igting, voor sy soos ’n gewelddadi­ge versteurde deur hulle weggeneem is. Haar nuwe verloofde, Nkunzi (Masoja Msiza), het dit alles aanskou sonder om ’n woord te sê. “MaNgcobo is sonder enige beswaar van sy kant terug in Sunnyhill,” sê Dawn. “Sy sou hoop Nkunzi kies haar kant, en dat hy sou insien snaakse dinge is aan die gang. Wat haar hart breek, is dat Nkunzi haar nie glo dat sy regtig nié siek is nie.”

VOORDEEL EN OORDEEL

Sedert Donderdag 7 September moes MaNgcobo met die wete saamleef dat Nkunzi se eerste vrou, Innocentia (Sthandwa Nzuza), nie net hul “geveg tot die dood toe” op Donderdag 20 April oorleef het nie, sy’t MaNgcobo ook doelbewus in Sunnyhill laat beland sodat sy MaNgcobo se lewe kan oorneem. Innocentia het die voordeel dat haar geestesges­ondheid nog nooit bevraagtek­en is nie. Sy erken op Dinsdag 19 September aan Nkunzi sy’t uit Kwa- Mashu weggebly ná MaNgcobo haar probeer doodmaak het. En wanneer Nkunzi MaNgcobo op Woensdag 20 September oor die moordpogin­g konfrontee­r, glo hy al klaar sy is gewelddadi­g en onstabiel. Later die aand gaan Innocentia terug hospitaal toe om met haar blink nuwe verloofrin­g te spog by die vrou wat sy vervang. “Innocentia onthul sy en Nkunzi gaan hul huweliksbe­loftes hernu,” sê Dawn.

GEVAARLIKE KAMERMAAT

Maar MaNgcobo is nie heeltemal sonder bondgenote nie. Haar gevaarlik onstabiele kamermaat van Februarie vanjaar, Patjutju (Lindiwe Ndlovu), besoek haar op Maandag 25 September. “Patjutju gaan binnekort ontslaan word,” verklap Dawn. “Hul vriendskap is nog sterk en Patjutju is oorgehaal om Innocentia te gaan vermoor. Sy sal dit doen!” sê Dawn. Patjutju se lojaliteit gee MaNgcobo hoop sy kan van Innocentia ontslae raak. Maar terwyl MaNgcobo en Patjutju planne beraam, raai wie dink aan dieselfde ding? Innocentia het Nkunzi se broer Qhabanga (Siyabonga Shibe) aan haar kant, en op Vrydag 22 September vra sy hom om vir haar ’n guns te doen . . .

Ons hou asem op wie eerste gaan toeslaan, veral wanneer Patjutju op Dinsdag 26 September Innocentia se deurklokki­e lui . . .

 ??  ?? MaNgcobo kry ’n onwelkome besoek van Nkunzi, wat nie ’n woord glo wat sy sê nie. Innocentia glimlag breed omdat haar planne uitwerk.
MaNgcobo kry ’n onwelkome besoek van Nkunzi, wat nie ’n woord glo wat sy sê nie. Innocentia glimlag breed omdat haar planne uitwerk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa