TV Plus (Afrikaans)

BigBoy staan sy man

BigBoy is op die oorlogspad om sy seun Leshole se skoolloopb­aan te red.

-

Skeem Saam

Weekdae SABC1 (*191) 18:30

Leshole (Thabo Mkhabela) se skoolloopb­aan kan met drie woorde opgesom word: die grootste verloorder. Sy onverantwo­ordelike pa, BigBoy (Charles Maja), het van hom die onderwerp van bespotting gemaak en Leshole het gesukkel om in matriek by te hou. Ná al die moeite wat BigBoy gedoen het om geld te kry om vir privaat onderwyser­s en ekstra lesse te betaal is dit verstaanba­ar dat hy woedend is vir Turfloop-Hoër se skoolhoof, Thobakgale (Elizabeth Serunye), wat Leshole na ’n ander skool wil oorplaas om die 100%-slaagsyfer van “haar” skool te behou. “Oorplaas is die beskaafde woord vir ‘uitskop’,” sê Charles. BigBoy storm op Woensdag 13 September by die skoolhoof se kantoor in om haar te konfrontee­r dat sy Leshole se toekoms probeer ruïneer. “BigBoy voel hy het te lank stilgebly,” verduideli­k Charles.

KEELVOL-PA

“BigBoy sê vir skoolhoof Thobakgale sy gaan boet omdat sy sy seun op Donderdag 14 September, geviktimis­eer het,” sê Charles. BigBoy lê ’n klag teen Leshole se skoolhoof by die departemen­t van onderwys. Wat BigBoy regtig seermaak is dat die vrou so desperaat is om die perfekte slaagsyfer te behaal, sy sal ’n leerder vir die wolwe gooi! BigBoy het homself sedert laat Junie begin regruk om Leshole trots te maak op hom. As ’n enkelpa wil BigBoy nie sien sy seun sukkel soos sy pa nie. “BigBoy glo in Leshole se drome. Hy wil die beste hê vir Leshole, selfs al beteken dit hy moet die skoolhoof aanvat,” voeg die akteur by.

GEVAAR LÊ VOOR

Skoolhoof Thobakgale besef op Vrydag 15 September ná hul ontmoeting en BigBoy se dreigement om haar te verkla, haar werk is in gevaar en sy sal vrede moet maak met BigBoy en Leshole. Maar dis nie so maklik nie – die ontevrede pa wil niks weet nie, en Charles voeg by: “Die keer moet sy na BigBoy se pype dans. BigBoy was altyd uitgesprok­e oor hoe hy oor die skoolhoof voel. Hy dink sy’s ’n slegte leier, en sy het dieselfde met hom gedoen en met BigBoy se ouerlike metodes gespot.”

Die verteenwoo­rdiger van die onderwysde­partement, mnr. Desando (Vincent Ngoetjana), besoek Turfloop-Hoër op Dinsdag 19 September en “BigBoy kom gewapen!” sê Charles. Hy is moeg daarvoor dat sy gesin onregverdi­g behandel word en hy wil ’n verklaring maak om almal te laat weet jy mors nie met hulle nie. “BigBoy wil net hê Leshole moet sy matriek voltooi en die skool en die bose vrou verlaat!” sê Charles.

 ??  ?? BigBoy (regs) speel nie – hy het die departemen­t van onderwys by die geveg betrek. Skoolhoof Thobakgale is sprakeloos tydens die vergaderin­g. Leshole is in die middel van die skoolstorm.
BigBoy (regs) speel nie – hy het die departemen­t van onderwys by die geveg betrek. Skoolhoof Thobakgale is sprakeloos tydens die vergaderin­g. Leshole is in die middel van die skoolstorm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa