TV Plus (Afrikaans)

18 – 21 SEPTEMBER

-

Gugu se lewe word in die sosiale media uitbasuin, of sy daarvan hou of nie, en die vonk tussen Neo en Sli vlam weer op. Die Majolahuis­houding verander in ’n oorlogsone wanneer Thando vasbeslote is om wraak te neem op Ruth. Ná ’n openhartig­e gesprek tussen Mandla en Neo besluit hulle Neo behoort Mandla se van aan te neem, want Mandla is sy biologiese pa. Ruth is besig om ’n nuwe lewe vir haar te bou, en Sli kry haar gereed vir ’n reinigings­eremonie. Rendani trek permanent Joburg toe, maar sy’s steeds bekommerd om die huis te verlaat en haar pa teen te gaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa