TV Plus (Afrikaans)

18 – 21 SEPTEMBER

-

Claudia smeek Kero om hulp sodat sy haar naam in ere kan herstel wanneer sy met Robert se moordonder­soek verbind word, en dit voel vir die boksstuden­t Ali of hy in die middel van Banzi en Kero se oorlog vasgevang is. Kandi probeer haar gangster-kêrel Diamond sover kry om met haar te praat en openlik te wees, en Kero soek inligting by Ali wat hom sal help om Banzi vir goed te kelder. Oscar sien ’n gaping en dink hy kan beheer neem van die stokvel, en Claudia en Kero stry weer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa