TV Plus (Afrikaans)

Vat die pad

Die sosiale media gons en bly by wanneer seisoen 25 van The Amazing Race begin.

-

The Amazing Race

Seisoen 25 Maandae SABC3 (*193) 19:30 (begin 25 September)

“The Amazing Race het nie brieke nie. Dis genadeloos: 12 episodes binne 21 dae is wreed!” sê die aanbieder, Phil Keoghan, oor die reiskompet­isiereeks The Amazing Race (2001-nou). Seisoen 25 trek met ’n vaart weg op SABC3-skerms vanaf Maandag 25 September, en sluit aan by die realiteits­program Survivor (2001-nou) op Dinsdae, eerder as om dit te vervang.

Ná 24 seisoene het The Amazing Race ’n inspuiting nodig gehad. Dis wat kykers kry vanaf episode 1, wanneer die 11 spanne van 2 deelnemers elk in New York City se beroemde Times Square wegspring. Die “Save”prys is op die spel vir die span wat eerste by ronde 1 se Pit Stop aankom, en “dit laat die span toe om hulself te red indien hulle laaste by die Pit Stop in ’n uitskakelr­onde [voor ronde 9] aankom”, verduideli­k Phil. “Dis die magtigste Amazing Race-prys tot dusver. As jy dit wen, word jy magtig en invloedryk, soos die koning van ’n land. Toe die spanne daarvan hoor, was hulle selfs meer gemotiveer­d om dit te wen as die groot prysgeld [van $1 miljoen],” sê Phil.

BYKOMENDE DRUK

Die resies deur 20 stede in 8 lande is nie die enigste druk op die deelnemers nie – hulle het ook die bykomende aandag van sosiale media en fans. “Die wêreld lyk nie meer soos toe ons met die program begin het nie,” sê Phil. “Mense het destyds nie getwiet en Instagram gebruik nie. Nou skiet fans letterlik video’s van ons en stuur dit deur sosiale media die wêreld in.” Die produksies­pan moes hul liggings geheim hou, maar “ons het sosiale media behoorlik ingespan. Ons het selfs ons spanne amptelike hutsmerker­s gegee vir fans wat die episodes kyk,” vertel Phil.

WIE’S DAAR? Kykers sal Phil Keoghan tydens uitdagings raaksien en selfs waar hy agter van die spanne aandraf. “Ek was nog altyd daar wanneer hulle daar was. Ek het myself net nie so in die prentjie geplaas nie,” sê hy. “Ek het gedink dit sal pret en iets anders wees om ’n opsomming te gee soos dit gebeur.”

 ??  ?? Aanbieder Phil Keoghan.
Aanbieder Phil Keoghan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa