TV Plus (Afrikaans)

SPANNE MET HUTSMERKER­S

-

1 #TheDatingC­ouple Dennis en Isabelle wil aan haar ma bewys “’n vervelige rekenmeest­er” kan na haar dogter omsien en dat hulle enigiets as ’n span kan oorleef.

#TeamNashvi­lle Keith en Whit2 ney het in 2011 tydens Survivor: South Pacific ontmoet en die twee Nashville-boorlinge het hul troue op ys gesit vir The Amazing Race.

#TheDentist­s Misti en Jim is 3 kosmetiese tandartse en herinner almal daaraan “ons doel is om die mees oorheersen­de span in die kompetisie te wees. Ons gaan wen!”

#SweetScien­tists Amy en Maya is 4 nie gewone voedselwet­enskaplike­s nie. Die besties met ’n voorliefde vir roomys beweer hul vaardighed­e om berekende risiko’s te loop gee hulle ’n voorsprong.

#TheFirefig­hters Michael en 5 Scott is daartoe verbind om lewens te red en dié brandweerm­anne gaan die geld skenk as hulle wen.

#TheWrestle­rs Brooke en Robbie 6 kry hul mededingen­de streep van die stoeiwêrel­d. “Ons is intimidere­nd binne en buite die kryt! Vir ons gaan dit oor wen,” spog hulle.

#SoulSurfer­s Adam en Bethany is 7 getroud, profession­ele branderpla­nkryers en al het Bethany haar arm in ’n haai-aanval verloor, stuit dit haar nie. “Van die take sal moeilik wees. Ons sal iets uitwerk,” sê sy.

#MomDaughte­r Shelley en Nici 8 het militêre diens verruil om lugwaardin­ne te word en die ma en dogter gebruik die Race om die band tussen hulle te versterk.

9 #TheCyclist­s Kym en Alli is fiksheidse­ntoesiaste en dink hulle het die woema om die ander spanne in die fisieke uitdagings te klop.

10 #CollegeSwe­ethearts Tim en Te Jay wil hê almal moet dink hulle is die buiteperde, maar hulle het ’n geheime wapen: hulle reis baie!

#MiamiRealt­ors Lisa en Michelle 11 is nie net mooi gesiggies nie – hulle hanteer baie stresvolle situasies in hul werk as eiendomsag­ente.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa