TV Plus (Afrikaans)

5 BELANGRIKE KLERESTYLW­ENKE

-

1 Dwarsstrep­e of lyne laat ’n mens breër lyk. Dra liefs vertikale strepe of lyne. 2 As jy ’n bloes bo-oor jou langbroek of jeans dra, kan dit jou ook breër laat lyk. Kies eerder ’n uitrusting waar jy die bloes kan insteek, of ’n bloes of T-hemp wat net effens oor die broek se lyn hang. 3 Ongemaklik­e skoene is van ’n kilometer af sigbaar. Dra eerder skoene waarin jy gemaklik voel as ’n paar baie hoë hakke of skoene wat jou druk. 4 Oop skouers is vleiend, maar as jy ’n bloes het wat jy die hele tyd moet op- of regtrek, is dit net so ongemaklik. 5 Bralyne wat nie by jou bloes of rok pas nie en duidelik sigbaar is, lyk nie goed nie. Kies eerder dieselfde kleur bra as jou uitrusting.

5 BELANGRIKE KAMERAWENK­E

1 Strepe, kolle en wit en rooi werk nie goed op kamera nie. 2 Probeer net jouself voor die kamera wees. 3 Die kamera lieg nooit nie, en selfs jou gevoelens wys op kamera. Probeer op die onderwerp of speletjie fokus. 4 As dit ’n nabyskoot is, moet jy nie té veel beweeg nie. 5 Onthou altyd jy’s ’n gas in iemand se sitkamer. Dis nie ’n reg nie, maar ’n voorreg om in ander mense se huise te kuier.

TOETS JOU KENNIS OOR MUSIEK ROULETTE

1. Die hoeveelste seisoen van Musiek Roulette word vanaf 21 September uitgesaai? 2. Hoeveel kunstenaar­s kan tydens elke

episode gesien word? 3. Hoeveel deelnemers neem aan elke

episode deel? 4. Op watter kanaal word Musiek

Roulette uitgesaai? 5. Wie is die uitvoerend­e vervaardig­er

van Musiek Roulette? Antwoorde aan die linkerkant

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa