TV Plus (Afrikaans)

Fantasties, hartjie

Edina en Patsy kry ’n tweede asem met hul Absolutely Fabulous- lewe van chaos.

-

Absolutely Fabulous

Seisoen 1 Vrydae BBC Brit (*120) 18:30 (begin 15 September)

“Sweetie, Darling!” Dis hoe die PRghoeroe Edina Monsoon (Jennifer Saunders) en haar moderedakt­eurbestie Patsy Stone (Joanna Lumley) mekaar noem, en hulle kan hulle opnuut skandalig gedra en aan partytjies en drank oorgee met die heruitsend­ing van Absolutely Fabulous (1992-2012). Die voorwaarts­e vriendinne kuier hul pad oop deur die lewe, maar daar’s ’n les of twee te leer by die wilde vroue. “Dis eintlik hartseer vir hulle,” verduideli­k Jennifer, wat haar rol hervat het vir 2016 se fliek, Absolutely Fabulous: The Movie. “Want hulle kan nie die eise van die lewe hanteer nie. Edina, veral, weet nie watter kant toe wanneer sy nie geld het nie en sy’t geen status nie. Edina en Patsy is twee uitspattig­e, verregaand­e vroue, maar ’n mens kan nie help om vir hulle om te gee nie,” voeg Jennifer by.

Die manbehepte Patsy is altyd aan die gang, maar Edina bly toegewyd aan meditasie, haar dogter,

Saffron (Julia Sawalha), en haar afsydige ma, “Mother” (June Whitfield). Saffron is die nugtere en logiese stem vir haar ma en haar vriendin se wilde weë, maar daar’s ’n paar dinge wat jy in seisoen 1 se 6 episodes gaan hoor wat ’n verduideli­king nodig het . . .

1 “La Croix, Sweetie! Dis reg, is dit nie? ’n Bietjie styf, maar mense sal dink: ‘ Wow, dis ’n La Croix!’” – Edina (ep. 1)

Edina is mal oor die mode-ontwerper La Croix, en sy hou nie daarvan as Saffron soos ’n vaal slonskous lyk nie.

2 “Daar is ’n fantasties­e nuwe Japannees [restaurant] in Mayfair. Enigiets met ’n polsslag is middagete.” – Patsy (ep.1)

Patsy vertel Edina van soesji, wat nie gewild was in die 1990’s nie.

3 “Ek PR dinge. Mense. Plekke. Ek maak hulle fantasties.” – Edina (ep. 4)

Edina het ’n skakelmaat­skappy en haar werk maak geen sin vir Saffron nie, wat boeke bo die popkultuur verkies.

4 Edina : “Wat drink jy?” Patsy: “O, dit? Dis Chanel No. 5.”

As dit soos sjampanje of vodka lyk, gaan Patsy dit drink.

5 “Hoe lank vat dit jou om daai plooi aan die voorkant van jou jeans so mooi gladgestry­k te kry?” – Patsy (ep. 6)

Patsy verpes Saffron se preutsheid en stemmige klere en kan nie glo sy’s Edina se dogter nie.

NET EEN PATSY VSA-netwerke het Absolutely Fabulous twee keer probeer naboots: in 1993 met Roseanne Barr en Carrie Fisher en weer in 2008. Niemand was opgewonde nie.

 ??  ?? Edina (links) en Patsy hou partytjie tot hulle omval.
Edina (links) en Patsy hou partytjie tot hulle omval.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa