TV Plus (Afrikaans)

BELANGRIKE LEWENSLESS­E

-

1 Kinders leer deur hul beleweniss­e – en dis nie altyd goed nie (episode 1)

Die jongste seun, Jack (Miles Brown), sing Kanye West se Gold Digger-liedjie, en dan word Dre en Rainbow (Tracee Ellis Ross) deur die skoolhoof ingeroep omdat Jack die “N-woord” gebruik het.

2 Om anders te wees maak jou nie verkeerd nie (ep. 20, 4 Feb. 2018)

Dre se godvresend­e ma, Ruby (Jenifer Lewis), weier om te aanvaar haar dogter Rhonda (Raven Symone) is lesbies. Dis eers wanneer die kleinkinde­rs Junior en Zoey (Marcus Scribner en Yara Shahidi) haar voor stok kry dat Ruby amper van mening verander.

3 Ma’s is regtig superhelde (ep. 23, 25 Feb. 2018)

“Hoe moeilik kan dit wees?” lag Dre selfvoldaa­n wanneer hy die huishoudin­g by ’n siek Rainbow oorneem. Maar teen die einde van die episode smeek hy haar om gou gesond te word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa