TV Plus (Afrikaans)

Die nuwe kind

Nadezhda en Mischa stem saam met hul nuwe seun, Tuan, oor die lewe in die “dekadente” Amerika.

-

The Americans Seisoen 5 Woensdae M-Net (*101) 21:00 (begin 13 September)

Die Russiese spioene Mischa en Nadezhda (Matthew Rhys en Keri Russell) het opsporing aan die einde van seisoen 4 van The Americans (2013-nou) in Desember 2016 net-net vrygesprin­g, want hul medespioen William (Dylan Baker) het homself met Lassakoors besmet pleks van om hulle te ontmasker. Met hul skuilname as die getroude VSA-reisagente Elizabeth en Philip Jennings intakt, het hulle gevaarlike nuwe opdragte – en ’n nuwe identiteit – gekry. Nou ontmoet ons die Eckerts, ’n loods en lugwaardin en hul Viëtnamese weesseun, Tuan (Ivan Mok).

HONGER VIR OORWINNING

Vir die gesin is die VSA ’n land van vermorsing. Tuan is as kind gewerf toe kommuniste hom in Viëtnam se strate aangetref het, en sy ervaring van hongersnoo­d verenig die gesin die seisoen teen hul vyand, die Morozofs: pa

Alexei (Alexander Soko- vikov), sy vrou, Evgheniya (Irina Dvorovenko), en Tuan se “vriend”, hul seun, Pasha (Zack Gafin). Wanneer hulle ná ’n ete by die Morozofs in episode 1 huis toe ry, sê Tuan die Russe moes die oorloper Morozof (nou ’n konsultant vir die VSA se departemen­t van landbou) teregstel, want al wat hy doen, is om te kla oor Sowjet-voedseltek­orte terwyl hy verkwisten­de VSA etes geniet. Later wanneer Nadezhda en Mischa hul ervarings van honger grootword deel, sê Nadezhda: “Dit is so jammer Morozof moes in die ry wag om te eet. Hy’s oud genoeg om te onthou hy het niks gehad waarvoor hy in ’n ry moes staan nie!”

WARE INTELLEKTE

Van hier af is dit duidelik Nadezhda en Mischa stem uiteindeli­k saam oor Rusland, die VSA, hul families en wat hulle wil hê. “Hulle is op ’n plek waar hul liefde primêr is, en dis iets nuuts vir hulle,” sê die reeks se medeskeppe­r Joel Fields. Kykers kan uitsien daarna dat hulle ná 20 jaar se saamwerk regtig trou in episode 10, teen 15 November!

 ??  ?? Philip en Elizabeth (insetsel) het ’n nuwe identiteit en ’n nuwe seun.
Philip en Elizabeth (insetsel) het ’n nuwe identiteit en ’n nuwe seun.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa