TV Plus (Afrikaans)

Litchfield-tronk

Orange Is The New Black se seisoen 5 put betekenis en veranderin­g uit Poussey se dood.

-

Orange Is The New Black Seisoen 5 Woensdae M-Net (*101) 22:00 (begin 13 September)

Orange Is The New Black (2013nou) se seisoen 5 vind oor drie dae plaas met die oproer van die tronk se gevangenes oor die tronkhoof, Caputo (Nick Sandow), se gevoellose, slagofferb­lamerende hantering van Poussey (Samira Wiley) se moord deur die wag Bayley (Alan Aisenberg) in seisoen 4 episode 12 (2016). Die kykers sal emosioneel saam met die prisoniers voel, want die goedhartig­e boekwurm Poussey was ’n geliefde karakter.

EER ’N HERINNERIN­G

Poussey is weg, maar nie vergete nie, daarom is daar huldeblyke en ernstige pogings deur haar treurende vriende om die mishandele­nde tronkstels­el af te takel wat tot haar opsluiting en dood bygedra het. Hulle dwing Caputo in episode 1 om ’n verklaring

oor haar dood te lees, die gevangenes dring aan op Bayley se arrestasie in episode 3 (27 September) en Suzanne (Uzo Aduba) rig ’n altaar op waar Poussey dood is en hou ’n séance in episode 4 (4 Oktober).

Soos fans, het ons ook ons herinnerin­gs . . .

Seisoen 1 episode 6 (2014)

Ons het van Poussey en haar bestie, Taystee (Danielle Brooks), se denkbeeldi­ge speletjies gehou, soos hul identiteit as die ryk wit meisies Mackenzie en Amanda in hul gesprekke oor “witmens-politiek” (daar is ’n terugflits in episode 6, 18 Oktober).

Seisoen 2 episode 12 (2015)

Poussey het haar laat geld teenoor Vee (Lorraine Toussaint), selfs al is sy geslaan oor haar medeprison­ier. Toe het sy Vee se sigaretbes­igheid vernietig.

Seisoen 4 episodes 6 & 12

(2016) Haar romanse met Soso (Kimiko Glenn) het biblioteek-dates ingesluit waar hulle tussen die boekrakke gesoen het. Poussey se definisie van liefde was “ontspan net en maak gek, dom grappe”.

 ??  ?? Seisoen 5 word gedryf deur die moord Xxxxxop die gevangene Poussey Washington.
Seisoen 5 word gedryf deur die moord Xxxxxop die gevangene Poussey Washington.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa