TV Plus (Afrikaans)

Vroue vat vlam

’n Filmmaker en ’n joga-instrukteu­r toer die land plat – en braai.

-

Speel Met Vuur Seisoen 1 Maandae VIA (*147) 18:00 (begin 25 September)

Van Jan Braai tot Kom Ons Braai – daar is geen tekort aan TV-programme oor Suid-Afrikaners se gunsteling­manier van kosmaak nie. Gewoonlik is dit ’n klomp mans wat die tjops en wors omdraai, maar hulle kan opsy staan vir die vriendinne Adi van der Walt (36) en Mynie Steffens (34), twee vroue wat graag oor die vlamme kook in die nuwe kosprogram Speel Met Vuur (2017-nou).

’N TOER WAT KOOK

Adi, ’n filmmaker van Pretoria, en Mynie, ’n Johannesbu­rgse joga-instrukeur, was saam op skool in Humansdorp in die Oos-Kaap, en hulle was vasbeslote om saam ’n kosprogram te maak. “Dit was aanvanklik gemik op ’n Engelse mark, veral op buitelande­rs wat SuidAfrika­anse kos interessan­t sal vind. Ons idee het VIA se aandag getrek, en ons het dit verwerk en weer bedink. En nou speel ons met vuur!” lag Adi.

In die reeks van 13 episodes toer die twee vroue deur dorpies in die Vrystaat en Oos-Kaap, verken die omgewing – en waar hulle kom, braai hulle op interessan­te en prettige plekke.

“Ons gaan nie vooraf verklap watter dorpies ons besoek nie – mense moet self kyk,” vertel Adi. “Maar ek kan as lusmakertj­ie noem ons sien leeus, ski in die sneeu, swem tussen krappe, speel polo tussen beeste en besigtig ’n vreemde klein uil of twee.”

ONGEWONE GEREGTE

Moenie oorbekende braaigunst­elinge in die reeks verwag nie. Mynie is oorgehaal om “ongewone” disse oor die kole te maak, soos lewerwafel­s.

“Geen steaks of wors ontmoet die kole nie, maar Karoo-lamtjoppie­s bly my gunsteling. Dus kan kykers verwag ons sal dit iewers in die reeks maak,” sê Mynie.

Hoewel geen bekendes saam met die twee vroue braai nie, lewer hulle wel kommentaar. “Kyk uit vir mense soos Bok van Blerk en selfs Riaan Cruywagen, wat in insetsels hul mening gee oor wat ons gaan maak,” sê Mynie.

Ons lek al klaar ons lippe af.

 ??  ?? Mynie Steffens (links) en Adi van der Walt wys hul braaivernu­f.
Mynie Steffens (links) en Adi van der Walt wys hul braaivernu­f.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa