TV Plus (Afrikaans)

Hope nuwe pasellas

Kom reis, kuier, klets en kook saam in die nuwe seisoen van die gunsteling­program Pasella.

-

Pasella Seisoen 26 Woensdae SABC2 (*192) 19:30 (begin 20 September)

Die gewilde SABC2-leefstylpr­ogram Pasella is terug met ’n nuwe seisoen vol avonture en hoogtepunt­e. Die aanbieders neem kykers weer op ’n reis regoor die land – van Upington in die Noord-Kaap tot by die natuurskoo­n van die Blyderivie­r- canyon in Mpumalanga en die Krugerwild­tuin in die noorde. In die program pak hulle uitdagende aktiwiteit­e saam met talle bekendes en sportsterr­e aan, maar stel ons ook bekend aan gewone mense wat ander se lewe positief verander en inspireer.

DIE SUPER-SEWE

Die aanbieders van die vo - rige seisoen wat al bekende gesigte in ons sitkamers is, is terug: Sean-Marco Vorster, HemelBesem, Melinda Bam, Paul Rothman, Vicky Davis en Dieter Voigt is weer op hul pos. Die akteur Viljé Maritz (Gys in Binnelande­rs, 2009-2012 en Werner in Swartwater, 2014 en 2017) is ’n aanwins en sluit as nuwe aanbieder by die span aan. (Lynelle Kenned en Heino Schmitt, wat ook aanbieders in die vorige seisoen was, het die span verlaat. Mishka Patel en Carmen Pretorius sal in seisoen 26 as gasaanbied­ers ingespan word.) Kyk uit vir ’n nuwe vroue-aanbieder (haar naam is nog ’n geheim) wat later by die span sal aansluit.

BESIGE AANBIEDER

Die 27-jarige Viljé, wat ons ook as Benjamin in die SABC3-dramareeks High Rollers (2013-2016) gesien het, het sy tande as aanbieder geslyp in SABC3 se leefstylre­eks NAweek (2014). Hy is opgewonde oor sy nuwe uitdaging as Pasella-aanbieder. “Ek is ’n regte adrenalien-junkie en kan nie wag om aktiwiteit­e soos vryval aan te pak nie. Boonop gee Pasella my die geleenthei­d om bekende persoonlik­hede sowel as mense wat ’n merkbare verskil in ander se lewe maak, beter te leer ken,” sê die Kapenaar en geesdrifti­ge branderpla­nkryer.

Viljé het pas saam met die Ontbytsake-aanbieder Eloise Cupido joga leer doen vir ’n Pasella-insetsel (episode nog nie geskedulee­r), en vertel hy het dit terdeë geniet. Die akteur is deesdae ’n besige aanbieder: hy het in Julie by die kykNET-leefstylre­eks Fiësta (2001-nou) se span aangesluit. “Fiësta fokus op feeste regoor die land, en Pasella plaas die kollig op individue en aktiwiteit­e. Gelukkig bots my Pasella- en Fiëstasked­ule nie, want ons verfilm Pasella se insetsels in die week en Fiësta word oor naweke geskiet,” vertel Viljé.

Die aanbieding­styl van die twee leefstylre­ekse verskil ietwat, voeg hy by. “Ek probeer my aanbieding­styl vir Pasella meer in ’n geselstran­t en ontspanne hou, want dan kry ek dikwels meer inligting uit die persoon met wie ek die onderhoud voer,” sê hy.

Ons kan nie wag om Viljé in aksie te sien nie!

 ??  ?? Die aanbieders (van links): Vicky Davis, Paul Rothman, Viljé Maritz, Melinda Bam en Dieter Voigt.
Die aanbieders (van links): Vicky Davis, Paul Rothman, Viljé Maritz, Melinda Bam en Dieter Voigt.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa