TV Plus (Afrikaans)

Een laaste “wooo!”

Die veteraan Ric Flair word om gesondheid­sredes gedwing om die WWE-stoeiwêrel­d te groet.

-

WWE SmackDown LIVE Woensdae SS4 (*204) 02:00

Vir ’n WWE-Superster beteken uittrede “jy’s nie meer elke week in die kryt nie”. Maar stoeiers groet nie maklik hul sportwêrel­d van pyn en glorie nie – kyk byvoorbeel­d na Ric Flair. Hy was 54 toe hy in 2005 uitgetree het, maar binne maande was hy terug in die kryt. Nou, op 68, het sy stoeiloopb­aan finaal tot ’n einde gekom . . . voor dit hom sy lewe kos!

EIE DEMONE EN VUISVOOS

“Dit het sy tol geëis om soveel jare in die kryt verniel te word,” het Ric in ’n onderhoud gesê. Sy eie demone het selfs meer skade aangerig, en Ric se strawwe drinkery het veroorsaak dat alkoholies­e kardio-miopatie in die 1980’s by hom gediagnose­er is. Dit beteken basies hy’t so baie gedrink, dit het tot ’n permanente harttoesta­nd gelei. “Dit was moeilik om op te hou [met die drinkery], maar as ek dit kon regkry, kan enigiemand,” het Ric bygevoeg.

Met die jare het hy talle bene in die kryt gebreek en liters bloed weens ’n gelem verloor [’n stoeier het stilletjie­s sy voorkop met ’n versteekte skeer- lemmetjie oopgesny]. Maar dit was ’n dermobstru­ksie wat in Augustus vanjaar byna Ric se kenmerkend­e “Wooo!”uitroep stilgemaak het, en dis klaarblykl­ik die gevolg van 50 jaar se skoppe, houe en rondgooi in die kryt. Ric het ’n noodoperas­ie ondergaan en was na berig word in ’n medies geïnduseer­de koma om te herstel, hoewel sy agent, Melinda Morris Zanoni, dit nie wou bevestig of ontken nie. Enige terugkeer na die kryt is onmoontlik en “sal dodelik wees”, het dokters gewaarsku.

’N TWEEDE ASEM

Moenie verwag Ric gaan ná sy herstel van die WWE wegbly nie! Sy stoeierdog­ter Charlotte het reeds laat blyk hy sal van agter die skerms kyk sodra hy kan. Ná Ric se operasie het sy op 20 Augustus op haar Instagram-rekening @charlottew­we gesê: “Ná ’n moeilike week word my pa beter, maar daar lê nog ’n lang pad voor. Aan almal wat vanaand veg, gee ’n bietjie ekstra flair vir hom. Wooo!”

 ??  ?? Dit kan Ric, alias Nature Boy, se dood beteken om weer deur die toue te klim.
Dit kan Ric, alias Nature Boy, se dood beteken om weer deur die toue te klim.
 ??  ?? Charlotte se boodskap ná haar pa se operasie.
Charlotte se boodskap ná haar pa se operasie.
 ??  ?? Ric Flair se loopbaan het oor ’n pronkery gegaan.
Ric Flair se loopbaan het oor ’n pronkery gegaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa