TV Plus (Afrikaans)

The Five

-

Seisoen 1 M-Net (*101) 23:00 Drama

’n Dekade oue moord keer terug om vier vriende in die Britse riller The Five (2016-nou) te teister. Die tien episode lange seisoen 1 is geskep deur die skrywer Harlan Coben, wat erken “dit was ’n nuwe uitdaging om ’n roman met vier hoofkarakt­ers te skryf. Nog ’n uitdaging was introspeks­ie. Dit werk nie op TV nie, alles moet visueel aangebied word.” Harlan het The Five as ’n reeks op sy eie geskep.

Die vriende sedert hul kinderjare Slade (Lee Ingleby), Pru (Sarah Solemani), Mark (Tom Cullen) en Danny (OT Fagbenle) word as volwassene­s herenig wanneer DNS gevind word op ’n prostituut se moordtonee­l wat die Westbridge-speurder Danny ondersoek. Die DNS behoort aan Mark se broer Jesse, wat meer as 20 jaar tevore weggeraak het toe hy saam met sy maats in die bos gespeel het. “Maar daar is ’n kinkel,” verduideli­k Harlan. “Die man wat skuldig bevind is aan die moord op Jesse hou by sy storie. Teen die einde van die seisoen sal die kykers weet wie lieg en wie praat die waarheid.”

Die reeksskepp­er het met die akteurs gespeel en hulle nie vertel wat gebeur nie. Tom sê “dit was verskrikli­k – die raaiery en die geredeneer . . . ons het alles in twyfel getrek! Ons het na Harlan gegaan en hy het gesê: ‘Julle is verkeerd, en selfs dit – moet dit nie eens oorweeg nie [die teorie oor of Jesse dood is, lewe, die moordenaar is en of hy die dooie prostituut se klant was].’” En dis deel van nie weet nie wat Tom met sy karakteron­twikkeling help. “Nie net het Mark sy broer verloor nie, hy het sy normalitei­t . . . sy grootword verloor. Vir hom is die smart gemeng met die idee dat hy miskien sy broer Jesse haat – omdat hy Mark se lewe geruïneer het. Wil hy hom ooit vind?”

Daar is ’n seisoen 2 in 2018.

 ??  ?? Van links: Slade, Pru, Mark en Danny.
Van links: Slade, Pru, Mark en Danny.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa