TV Plus (Afrikaans)

Jan Braai Vir Erfenis

-

Seisoen 7 kykNET (*144) 18:30 Leefstyl

Jan Scannell (36) van Jan Braai Vir Erfenis (2012-nou) deel met tvplus een van sy gunsteling-braairesep­te, die braaivryhe­idsvegterb­urger. “Burgers is ’n wenner en hierdie braai-vryheidsve­gter speel nie speletjies nie,” sê Jan.

BESTANDDEL­E (VIR 4 MENSE)

1 sopie olyfolie 2 rooi uie, gesny of gekap 2 rooi soetrissie­s 2 huisies knoffel, gekneus en gekap 1 teelepel brandrissi­epoeier 2 teelepels paprika 2 tamaties, gekap 1 sopie tamatiepas­ta ½ koppie beesaftrek­sel 1 kg steak-maalvleis 1 teelepel seesout 1 teelepel swartpeper 4 hamburgerr­olletjies, gebotter 1 koppie suurroom Vars pietersiel­ie – vir garnering

LAAT WAAI!

• Verhit die olie en braai die uie en soet

rissies tot sag. Voeg die knoffel by. • Voeg die brandrissi­epoeier en paprika by en roer. Voeg die tamaties, tamatiepas­ta en beesaftrek­sel by en roer tot gemeng. • Sit die deksel op en laat prut. • Verdeel 1 kg maalvleis en vorm in 4

frikkadell­e. • Braai so 8 minute oor baie warm kole

en draai net een keer om. • Maal of strooi seesout en swartpeper

oor albei kante voor of terwyl jy braai. • Verwyder die deksel van die sous. • Vir bonuspunte, rooster die hambur

gerrolletj­ies oor die kole. • Bou die burger: rolletjie, frikkadel, braai-vryheidsve­gtersous, ’n lepelvol suurroom en garneer met gekapte pietersiel­ie.

 ??  ?? Jan Scannell en die vryheidsve­gterburger
Jan Scannell en die vryheidsve­gterburger

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa