TV Plus (Afrikaans)

69ste Prime Time Emmys

-

Spesiale program M-Net (*101) 21:00

“Jou gereelde programme word onderbreek vir die 69ste Jaarlikse Prime Time Emmy-toekenning­s, waartydens ons TV se topprogram­me, -komedies, -reekse en meer bied! Hier by die toekenning­s, regstreeks vanaf die Microsoft-teater in Los Angeles, is jou aanbieder, die geselsprog­ramster Stephen Colbert . . .” en ’n paar Emmy-feite.

1 Daar’s ’n verskil tussen die Prime Time Emmy-pryse (vanaand s’n) en die Daytime Emmys. Prime Time bekroon die TV-programme, en die Daytime-toekenning­s is vir sepies en kletsprogr­amme. 2 Die Prime Time Emmys is die oorspronkl­ike toekenning­sprogram – dit is “The Emmy Awards” genoem van 1949 tot 1974, toe die Daytime-toekenning­s begin het. “Prime Time” is by die titel gevoeg om dit te onderskei. 3 Die fan-gunsteling Betty White (Elka in die komedieree­ks Hot In Cleveland, 2010-2015) hou die Emmyrekord vir die oudste wenner. Op 88 het sy die 2010-Emmy ingepalm vir besonderse gasster in ’n komedieree­ks vir die reeks Saturday Night Live (1975-nou). 4 Saturday Night Live hou ook die rekord vir benoemings en wenners – onderskeid­elik 156 en 40! Die heel eerste Emmy is toegeken 5 aan ’n buikspreke­r-pop . . . en die aktrise wie se stem dit is – Shirley Dinsdale en haar houtpop Judy vir hul komediepro­gram Judy Splinters (1949). 6 Die goudbeeldj­ies is nie solied nie. “Dis meestal goedkoop metale wat in vloeibare goud gedoop is,” sê Tom O’Neil van die toekenning­swebwerf GoldDerby.com. “En die wenners ‘kry’ dit ook nie – hulle moet $400 (R5 200) betaal vir hul beeldjie as hulle dit wil hê.”

 ??  ?? Stephen Colbert.
Stephen Colbert.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa