TV Plus (Afrikaans)

The Sinner

Seisoen 1 M-Net (*101) 21:00 Drama

-

’n Bloeddeurd­renkte Cora Tannetti (Jessica Biel) staan op ’n volgepakte strand in die rillerreek­s The Sinner (2017-nou). Sy kyk na die man wat sy doodgestee­k het, met haar geskokte man en seun langs haar. In die moordreeks lê die spanning in die uitvind hoekom Cora ’n moordenaar geword het.

“Ons vra nie wie nie, maar hoekom,” sê Jessica. “Hoekom het die skynbaar normale vrou die vreeslike daad gepleeg? Ons het almal grense, maar wat laat ons die grense verbysteek?” Cora kan nie onthou sy het die man doodgemaak nie, ook nie wie hy was nie. Terwyl Cora agter tralies is en probeer sin maak van dinge, begin speurder Ambrose (Bill Pullman) in haar verlede rondsnuffe­l.

Jessica is ook die uitvoerend­e vervaardig­er en het die reeks gekies om terug te keer TV toe, want “toe ek gedink het niks kan my meer skok nie, het ek ’n bladsy [van The Sinner, Petra Hammesfahr se roman waarop die reeks gebaseer is] gelees en was geskok! Elke stap het my mond laat oophang. Ná die boek kon niks my meer skok nie.” Die 35-jarige voeg by daar was net een rol wat sy wou speel: “Cora! Ek wou vir ’n slag gek wees.”

Die reeks van agt episodes het ’n geslote einde, daarom is dit ál seisoen. “Dis ’n foltering om deur die gebeure te gaan en ons herinnerin­gs te vertrou,” sê Jessica. “Daar is die universele angstighei­d en vrees om nie op ons herinnerin­gs te kan staatmaak nie. Dit is werklik vreesaanja­end.”

 ??  ?? Jessica Biel as die “verstandel­ose” moordenaar Cora Tannetti.
Jessica Biel as die “verstandel­ose” moordenaar Cora Tannetti.
 ??  ?? Speurder Harry Ambrose.
Speurder Harry Ambrose.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa