TV Plus (Afrikaans)

7de Laan

Weekdae SABC2 (*192) 18:00 Sepie

-

Ons leer stadigaan vir Esti (Reandri Grey), die Laan se nuwe inwoner, ken. Sy en die Stasie Ses-eienaar Marko (Francois) het begin September lelik koppe gestamp, en sy was toe haar werk kwyt. Maar Beleef se Vince (Jacques Blignaut) het haar nog ’n kans gegee, en sy werk nou by die kosemporiu­m (vanaf Maandag 11 September). Kort daarna word almal verras wanneer ons uitvind (op Maandag 18 September) Esti het ’n seun wat sy alleen grootmaak.

Vertel ons meer van Esti se seun, Thomas (Vian Singleton).

Hy is 14 en in gr. 8 aan die fiktiewe Lux Mundi Akademie. Hy bly in die week in die koshuis en kuier naweke by sy ma. Esti was 16 toe sy swanger geraak het. Thomas is die lig in haar lewe – haar trots.

Ons het van Thomas uitgevind dieselfde dag toe ons hoor sy pa is oorlede . . .

Tommy was die liefde van Esti se lewe. Hulle het op skool uitgegaan en toe sy swanger word, het Esti sowel as Tommy se ouers op ’n aborsie aangedring. Toe die tieners weier, is albei uit die huis geskop. Esti en Tommy het hul eie blyplek gevind en as kelners begin werk. Maar twee maande voor Thomas se geboorte is Tommy skielik aan ’n hartaneuri­sme oorlede. Esti was op haar eie en moes alleen vir Thomas sorg.

Hoe voel Esti daaroor dat sy Tommy se horlosie moet verkoop sodat sy Thomas se kriekettoe­rusting kan bekostig (op Woensdag 20 September)?

Dis vir haar bitter moeilik, want die horlosie is al wat sy van Tommy oorhet. Esti bevind haarself in ’n moeilike situasie op Donderdag 21 September . . . En ja, dit het iets met Diederik [Hennie Jacobs] se ramparty te doen!

• Lees meer op ble. 10-11.

 ??  ?? EstiE maak haar seun, Thomas (inlas), alleen groot.
EstiE maak haar seun, Thomas (inlas), alleen groot.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa