TV Plus (Afrikaans)

Hello Pratibha

Seisoen 1 Zee World (*166) 20:00 Drama

-

’n Mens weet nooit wanneer ’n juweeltjie opduik nie – soos die Indiese dramareeks Hello Pratibha (2015), wat in Engels oorgeklank is. Die 135 episodes handel oor die huisvrou en ma Pratibha (Binny Sharma) en “haar reis na selfvervul­ling”, vertel Binny. “Sy het haar drome opgegee om ’n vrou en ma te wees, maar nou wil sy weer aandag gee aan haar ander belangstel­lings.”

Die ma van twee beleef ’n identiteit­skrisis, maar Binny voeg by kykers moet besef: Pratibha is lief vir haar gesin, haar man en die skoonfamil­ie. “Sy weet net nie meer wie sy is nie, en sy wil haarself weer vind.” Maar daar is ’n probleem wat sy eers moet oorkom: Pratibha word teruggehou deur haar man, Mahendra (Sachal Tyagi), en selfs hul tienerdogt­er, Pihu (Ridhi), wat haar vir haar ma skaam. In vanaand se episode 1 beland Pihu in die moeilikhei­d by die skool, maar sy wil nie hê haar ma moet die onderwyser ontmoet nie, soos die versoek is, en vra eerder haar tant Sunidhi (Snigdha Pandey) om te gaan en voor te gee sy’s Pratibha.

“Selfs in hierdie situasie, wanneer sy niks verkeerds gedoen het nie, kry die arme Pratibha op ’n manier die skuld. Haar man vind uit wat by die skool gebeur het en skree op Pratibha sy moet die deurmekaar­spul, waarvan sy nie eens geweet het nie, oplos,” sê Binny.

Moenie die gebruiklik­e Bollywoodl­iedjies, musiek en dans verwag nie. Dis ’n dramareeks en die klankbaan en kamerawerk beeld die spanning tussen die familieled­e uit. “Die hoofkarakt­er verteenwoo­rdig elke vrou wat die behoeftes van haar gesin bo haar eie stel. Sy doen dit nie klaende nie – al wat sy vra is erkenning vir die mens wat sy is. Sy wil net hê hulle moet haar liefhê soos sy hulle liefhet!” voeg Binny by.

 ??  ?? Pratibha en haar man, Mahendra.
Pratibha en haar man, Mahendra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa