TV Plus (Afrikaans)

Charlie’s Angels

Seisoen 1 SABC3 (*193) 22:30 Aksie

-

James Bond is die bobaasspio­en, maar wat vroue-agente betref, kon min kers vashou by Farrah Fawcett as Jill Munroe in die aksiereeks Charlie’s Angels (19761981). Die aktrise is ná seisoen 1 weg, want “hulle het nie omgegee vir karakteron­twikkeling nie. Hulle kon my nie sê of Jill ’n suster het nie, hoe sy die werk gekry het . . . Dit was frustreren­d,” het Farrah in 1987 aan die kletsprogr­amaanbiede­r Johnny Carson gesê.

1 Farrah is net toegelaat om te gaan as sy sou instem tot ses kameeversk­ynings in elke volgende seisoen, en sy’t erken: “Dit was in die haak met my, want ek het baie van die meisies [haar medesterre Kate Jackson en Jaclyn Smith] en die res van die span gehou.” 2 Voor sy in 2009 aan kanker dood is, het die 62-jarige aktrise die dokumentêr­e fliek Farrah’s Story gemaak om haar verbete stryd teen die siekte te wys. Sy het daarvoor haar vierde Emmybenoem­ing gekry, as vervaardig­er. 3 Sy is Katoliek grootgemaa­k in Corpus Christi, Texas, maar haar pa, James, het haar na die Arabiese woord “farih” genoem, wat vreugde beteken. 4 Farrah was die enigste Angels-aktrise wat in 1976 vir ’n swembroekf­otosessie opgedaag het – meer as 5 miljoen kopieë van haar ikoniese plakkaat is verkoop en dit het van haar ’n sekssimboo­l gemaak. 5 Farrah was van 1973 tot 1982 getroud met die akteur Lee Majors (The Six Million Dollar Man, 1973-1978) en daarna in ’n verhouding met Ryan O’Neal (Max in Bones, 2006-2017). Sy het een seun by Ryan gehad, Redmond (32). 6 Farrah is op dieselfde dag oorlede as die sanger Michael Jackson (25 Junie 2009), en Ryan het ontsteld gesê: “Nou gaan niemand haar onthou nie.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa