TV Plus (Afrikaans)

Erfsondes

Seisoen 6 SABC2 (*192) 19:00 Drama

-

Die gesoute akteur Bongo Mbutuma sê hy sal niks aan sy karakter Vuyo in die dramareeks Erfsondes wil verander nie. “Vuyo het al baie foute in sy lewe gemaak, maar hy is bloot menslik. Hy maak nooit planne nie. Maar wanneer die lewe hom ’n lelike klap gee, probeer hy diegene naaste aan hom eerste help,” sê Bongo. “Vuyo se nederighei­d en sy behoefte om diensbaar te wees is prysenswaa­rdig. Dis sterk karakterei­enskappe.”

Wat was die grootste uitdaging om Vuyo ná ’n onderbreki­ng van vyf jaar te speel?

Ek moes vasstel hoe Vuyo die afgelope paar jaar, sedert kykers hom laas gesien het, gegroei het. Vuyo se ewige geduld is sy innerlike krag. Maar ek probeer hom nie as ’n swakkeling uitbeeld nie.

Vuyo het intussen die pa van ’n dogter, Lungi (Tiyana Williams), geword – watter soort pa is hy?

Hy wil Lungi net die beste in die lewe gee. Sy onbaatsugt­igheid kom meer na vore.

Vuyo en sy vrou, Sam (Catriona Andrew), raak betrokke by die straatkind­ers in hul omgewing, maar hoe raak dit hom op ’n persoonlik­e vlak?

Dit bring nuwe uitdagings vir die paartjie. En die betrokkenh­eid verskuif grense en maak van Vuyo ’n beter en ’n volwaardig­e mens.

Is hul huwelik gelukkig? Almal het aanvanklik gedink niks in die veelrassig­e verhouding kan werk nie, want hulle verskil té veel. Maar die sterkte van die verbinteni­s lê juis in hul verskille, want hulle vul mekaar in alle opsigte aan. Waar die een te kort skiet, vul die ander een aan.

Aan watter ander projekte werk jy tans?

Ek doen baie stemwerk vir radio-advertensi­es, sowel as verskillen­de dokumentêr­e programme en korporatie­we werk.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa