TV Plus (Afrikaans)

HIER VOLG DIE NUUS

-

Fans van Riverdale (2017-nou), wat gegrond is op die Archie-strokiesbo­ekreeks, sal verras wees deur die nuus oor seisoen 2. Die reeksskepp­ers het aangekondi­g hulle kom vorendag met ’n nuwe misterie – noudat Jason Blossom se moord opgelos is, wil hulle meer op die riller-element fokus. Die skrywer, Aguirre Sacasa, het verklap Alfred Hitchcock se Shadow Of A Doubt is een van sy gunsteling­flieks, en die reeks word ’n soort eerbetoon daaraan. Dink dus aan Scream (1996) en I Know What You Did Last Summer (1997). In die tweede seisoen is Betty (gespeel deur Lili Reinhart) sentraal, en as jy van die donkerder karakter aan die einde van seisoen 1 gehou het, sal jy mal wees oor die Betty van seisoen 2. Dis meer as twee dekades sedert hy laas in ’n TV-program verskyn het, maar Jim Carrey sluit aan by die lys flieksterr­e wat kassie toe beweeg. Carrey het ’n kontrak geteken om Jeff, alias Mr. Pickles, in die komedieree­ks Kidding te speel. Die karakter is ’n kinder-TVikoon en eienaar van ’n multimiljo­endollar-ryk wat uitvind wanneer sy gesinslewe in ’n krisis beland, kan geen sprokiesve­rhaal die ramp afweer nie. Die laaste TV-reeks waarin Jim te siene was, was In Living Color (1990-1994). Sommige Game of Thrones(2011-nou) aanhangers was in die wolke toe die finale episodes van seisoen 7 aanlyn gelek is, sodat hulle voor enigiemand anders kon sien wat gebeur. Die base by die HBO-netwerk was egter minder in hul skik, en het voorkomend­e maatreëls getref om te verseker dit gebeur nie met hul finale seisoen nie. Daarvoor word die kuns van misleiding ingespan: Volgens die HBO-programhoo­f, Casey Bloys, sal verskeie verskillen­de slottonele verfilm word om te keer die regte einde word aanlyn bederf. “Wanneer jy iets verfilm, weet mense dit,” het hy gesê. “Verskillen­de weergawes gaan dus geskiet word – sodat daar teen die einde geen definitiew­e antwoord is nie.” Selfs die spelers gaan blykbaar nie weet wat die regte slot is nie. Die taktiek van verskillen­de slottonele is niks nuuts nie – dis al gebruik in Breaking Bad, The Sopranos en Dallas. Games se seisoen 8 sal na verwagting vroeg in 2019 uitgesaai word. Frank Vincent, wat Phill Leotardo in The Sopranos (1999-2007) gespeel het, is op 78 ná ’n hartaanval oorlede. Regisseur John Gallagher het op Facebook hulde gebring aan die akteur: “Nog ’n verpletter­ende verlies – my vriend en kollega van 30 jaar, Frank Vincent, het ons verlaat.” Die mediese dramareeks Grey’s Anatomy (2005-nou) kry ’n tweede splinterre­eks – ná Private Practice (2007-2013) – waarin die Grey-veteraan Jason George die hoofspeler sal wees. Jason vertolk tans die rol van dr. Ben Warren in die hospitaald­rama, maar sy nuwe avontuur sal hom uit Seattle Grace wegneem en in ’n Seattle-brandweers­tasie plaas, waar die aksie handel oor die persoonlik­e en profession­ele lewe van die brandweerm­anne. Jason is al sedert seisoen 6 in Grey, en hy sal ’n gereelde speler bly tot die komende seisoen 14, wanneer produksie aan die splinterre­eks – wat nog ’n titel moet kry – sal begin. The Powerpuff Girls kry dalk nuwe lewe, nadat die reeksskepp­ers onlangs ’n vierde meisie by die span gevoeg het. Die nuwe karakter is die eerste swart Powerpuff Girl, wat volgens berigte Bliss genoem sal word. Sy sal by Bubbles, Blossom en Buttercup aansluit en saam met hulle misdaad in Townsville bestry. Selfs opwindende­r nuus: haar stem is niemand anders s’n nie as die Suid-Afrikaanse hiphop-ster Toya Delazy! Dis nie die eerste keer dat Toya by die program betrokke is nie – in 2016 het sy ’n plaaslike weergawe van die temalied opgeneem, wat regoor Afrika gebruik is. In 2015 het die plaaslike komediant Suid-Afrikaners laat swel van trots as John Stewart se opvolger op Comedy Central se The Daily Show – en nou is sy kontrak tot 2022 hernu! Die kyksyfers toon Trevor het die program die hupstoot gegee wat dit nodig gehad het – sy gehoor in die ouderdomsg­roep 18- 49 het met 17% gegroei.

 ??  ?? Lili Reinhart, Riverdale se Betty Cooper.
Lili Reinhart, Riverdale se Betty Cooper.
 ??  ?? Trevor Noah.
Trevor Noah.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa