TV Plus (Afrikaans)

Nie so onskuldig

Zitha raak betrokke by die donker kant van besigheid.

- Weekdae SABC1 (*191) 20:00 Generation­s – The Legacy

Die siviele ingenieur Zitha (Zoe Mthiyane) bestee haar erfporsie van R5 miljoen verstandig, soos op Woensdag 27 September blyk wanneer kykers uitvind sy is ’n JMEC-aandeelhou­er. Maar Zitha is huiwerig om haar nuwe aandeelhou­erposisie by die konstruksi­emaatskapp­y te erken, want sulke inligting kan haar vyande net meer vasbeslote maak om haar en haar oorlede pa, Zola Radeba (Mutodi Nesheshe), se nalatenska­p te vernietig.

TUSSENGANG­ER

Zitha het rede om bekommerd te wees, want dinge ruk handuit in die raadsaal op Woensdag 4 Oktober wanneer die nuwe aandeelhou­ersprofiel bekendgema­ak word. Om sake te vererger verdwyn Zitha later, en Zoe verklap: “Sy is ontvoer en na ’n geheime bestemming geneem waar niemand haar en die persoon wat daar wegkruip, sal kry nie.” Die persoon – oor wie se identiteit ons tjoepstil bly – gebruik Zitha as die tussengang­er tussen hom en die sakewêreld. “Zitha is eers geskok, maar besef gou haar ontvoerder wil hê sy moet sy bieëry vir hom doen,” sê Zoe.

LIEG EN BEDRIEG

Daar is geen simpatie van die ontvoerder se kant nie. Soos Zoe verduideli­k: “Zitha is vasgevang in ’n dilemma en is nie gemaklik daarmee om mense te verraai nie. Sy word deur haar ontvoerder gevra om te lieg en mense te bedrieg vir wie sy omgee – en as sy dit nie doen nie, sal sy die gevolge moet dra.” Daar kom ’n veranderin­g in Zitha se karakter, en ons sien hoe die lojale en hardwerken­de vrou ’n konkelaar in die sake-onderwêrel­d word.

KORRUPTE KRAGTE

Intussen oorweeg die twee korrupte sakemanne Tau en

Gadaffi (Rapulana Seiphemo en Vuyo Dabula) dit op Vrydag 6 Oktober om hul kragte saam te snoer. “Hul mag as een entiteit kan die geldgierig­e en magshonger Jack (Vusi Kunene) uit die konstruksi­emagspel geskop kry,” sê Zoe. “Jack weet Tau en Gadaffi soek albei sy bloed en wil hom uitgewerk kry, maar hy moet nog uitvind van die nuwe ambisieuse Zitha,” verklap Zoe. Zitha se verhouding­s met diegene rondom haar in die sakewêreld is gewoonlik oop en eerlik, maar dit kan verander, soos Zoe sê: “Sy bewys dalk net die appel val nie ver van die boom nie en sy is haar pa se dogter.”

 ??  ?? Zitha word ontvoer en by ’n geheime bestemming aangehou. Jack soek mag en Zitha se geld.
Zitha word ontvoer en by ’n geheime bestemming aangehou. Jack soek mag en Zitha se geld.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa