TV Plus (Afrikaans)

’n Franse affêre

Ontmoet die Michelinst­er-sjef Jan-Hendrik van der Westhuizen.

-

Jan Seisoen 1 Dinsdae VIA (*147) 19:30 (begin 24 Oktober)

As kind het Jan-Hendrik van der Westhuizen daarvan gedroom om eendag sy eie restaurant te besit. Vandag spog die 35-jarige gebore Suid-Afrikaner met een in Nice, Frankryk, en het boonop in 2016 ’n gesogte Michelinst­er – ’n toekenning vir uitsonderl­ike kosgehalte en diens – gekry. Vandeesmaa­nd kry hy nog ’n ster teen sy muur as aanbieder van sy TV-reeks Jan, waar hy sy passie vir kos met VIA-kykers deel terwyl hy deur Frankryk en Italië reis. Jan vertel meer:

Wat kan ons van jou kosprogram verwag?

’n Belewenis! Die avontuur begin by my restaurant JAN in Nice – die storie van hoe dit ontstaan het, die bloed, sweet en trane en alles wat dit geverg het om die restaurant uiteindeli­k in 2013 oop te maak.

Hoekom inspireer kos jou? Dit kom uit my kindertyd. In my ma en ouma se kombuise. Ek dink nie daar was ’n tyd toe kos maak nié vir my die mees aangrypend­e lewensbeve­stiging was nie. Dis ’n eindelose liefde.

Wat beteken die Michelinst­er vir jou? Dis

klaar ’n yslike prestasie om ’n restaurant te besit en om oop te bly. As jy nie iets vir mense bied wat ’n bietjie anders is en die perke oorskry nie, gaan jy dit eenvoudig nie maak in Frankryk nie. Om bo en behalwe al hierdie stres ’n Michelinst­er te kry, is baie spesiaal. Daar is seker nie ’n groter bevestigin­g dat al jou harde werk die moeite werd was nie as om te kan sê ja, ek het ’n Michelinst­er agter my naam. As jy mik vir die son, val jy dalk op die sterre.

Wie is jou rolmodel in die koswêreld? Ek kyk nie op na enigiemand bekends soos Gordon Ramsay nie. Die mense met wie ek grootgewor­d het, my vriende en familie, is my rolmodelle. Dis juis aan hulle wat ek hulde bring in die reeks. Hoe hulle my tot vandag toe inspireer.

Wat is jou kenmerkend­e dis? Dit verander heeltyd, maar mosbolletj­ies met geroosterd­e piesangbot­ter en ’n eetbare kers wat van kaiings gemaak is, is iets waarvoor mense terugkom.

Wat is jou grootste bederfkos? Peppermint Crisp-tert.

Jy is ook ’n fotograaf en skilder. Alles wat ek aanraak, sien ek as ’n foto of skildery. Die spasies, die lyne en hoe die lig val. Ek hou daarvan om met die atmosfeer te speel van ’n voorwerp of landskap wat ek wil afneem of skilder.

 ??  ?? Die sjef Jan-Hendrik is die eerste Suid-Afrikaner wat met ’n Michelinst­er kan spog.
Die sjef Jan-Hendrik is die eerste Suid-Afrikaner wat met ’n Michelinst­er kan spog.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa