TV Plus (Afrikaans)

Prison Break

-

Seisoen 5 Maandae M-Net (*101) 19:00 Herhaling Dinsdae M-Net 14:30 Aksie Dominic Purcell is die hooffokus in die nuwe weergawe van die aksiereeks Prison Break (2005-nou) as die gespierde broer Lincoln Burrows. Hy wil sy slim broer Michael (Wentworth Miller) red, maar dis iets wat Dominic nie in die regte lewe sou kon doen nie. “Tydens die seisoen se verfilming het ek my elmboog oopgesny, ek het ’n stukkie tand verloor, ek het my neus gebreek en my oog oopgesny. Ek sou nooit uit die tronk kon ontsnap nie!” sê hy.

1 Moenie dat die 47-jarige se aksent jou flous nie – hy’s in Brittanje gebore en het in Australië grootgewor­d. Toe hy twee was, het die gesin hul in Nieu-Suid-Wallis gevestig. Anders as die eerste vier seisoene

2 van die reeks is Lincoln die keer vol tatoes – en alles is eg, nie soos Michael se hele lyf wat vol inkwerk is nie. “Dis alles myne,” lag Dominic, “dus is my tyd in die grimeersto­el net vir my mooi gesig.”

3 Sy gebreekte neus, snye en skrape gedurende die verfilming was alles van een ongeluk, toe hy met ’n ysterstaaf geslaan is. Daarvoor was hy ’n paar dae in ’n hospitaal in Marokko. Dominic se liefdeslew­e is so op en

4 af soos sy waagtoertj­ies – hy is in 2008, ná ’n huwelik van tien jaar en vier kinders, van sy vrou, Rebecca Williamson, geskei. Hy gaan sedert 2011 af en toe uit met AnnaLynne McCord (Naomi in 90210, 2008-2013).

5 Hy het toneelspel saam met Hugh Jackman (Wolverine in die X-Menflieks, 2000-nou) studeer, maar het nie klaargemaa­k nie en sê: “Die strande, branderry en meisies was interessan­ter.”

6 En al ry Dominic steeds branders tuis in LA, verkies hy om fiks te bly met boks en joga.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa