TV Plus (Afrikaans)

Stilte voor die storm

Chris Welman is op ’n missie om sy vrou, Mariaan, te vernietig.

-

Chaos. Dis die perfekte beskrywing vir wat tans in die Welman-huis aangaan. Een van die grootste geraamtes het einde September uit die kas geval oor die jongste lid van die gesin, Amorey (Kristen Raath): Sy is nie pa Chris (David Rees) se biologiese dogter nie – haar pa is ma Mariaan (Deirdre Wolhuter) se aan-af-skelmpie deur die jare, Frank (Albert Maritz)! Dit het Amorey uitgevind op die dag van haar ampertroue met Diederik (op Donderdag 28 September). Die troue is natuurlik af sodat Amorey by haar eintlike liefie, Willem Spies (Markus Haywood), kan wees – sy het eers gedink hulle is niggie en neef. Vir Chris is die nuus verpletter­end dat Amorey nie sy vlees en bloed is nie. En hy wil die vrou wat dit al die jare weggesteek het, laat boet!

BITTER PIL

“Mariaan weet sy verdien om gestraf te word,” sê Deirdre. “Maar sy het nooit gedink Chris sou ’n oop huwelik van haar eis nie (op Vrydag 6 Oktober) en sommer voor haar iemand anders, die sakevrou Ruda (Thandi Puren), begin date (op Maandag 9 Oktober).”

Dis ’n bitter pil vir Mariaan om te sluk, saam met haar erge skuldgevoe­lens. En toe sy op Dinsdag 10 Oktober haar tasse wou pak en vlug, het Chris haar mooi laat verstaan sy gaan nêrens nie. “Dit het Mariaan vreesbevan­ge gemaak, want sy het besef dis net die stilte voor die storm,” vertel Deirdre.

Aan die ander kant spin Ruda haar web verder om Chris op Woensdag 11 Oktober, en sê vir hom daar kan beslis iets diepers tussen hulle wees. Sy weet Chris gebruik haar net om Mariaan seer te maak, maar tog vuur dit haar aangetrokk­enheid tot Chris aan.

OORWELDIGE­NDE DRANG

Chris dink oor alles na en kyk op Donderdag 12 Oktober na ’n foto van sy gesin. Die drang om na drank te gryp – iets waarmee hy al jare sukkel – is oorweldige­nd, maar gelukkig kan hy dit weerstaan. Hy beëindig sy verhouding met Ruda en pak sy tasse om ’n ruk lank uit Hillside weg te kom. “Mariaan is histeries wanneer hy haar groet en probeer hom oorreed om te bly, maar dis te laat,” vertel Deirdre.

In die daaropvolg­ende week, op Maandag 16 Oktober, is Mariaan diep depressief en probeer alles om Chris in die hande kry. “Sy wil met hom praat en hom vra om hul huwelik nog ’n kans te gee,” voeg Deirdre by.

Maar die keer sien ons nie hoop vir die Welman-egpaar nie . . . tensy daar een of ander wonderwerk gebeur.

 ??  ?? Chris bly onversetli­k, ten spyte van Mariaan (inlas) se pleidooie.
Chris bly onversetli­k, ten spyte van Mariaan (inlas) se pleidooie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa