TV Plus (Afrikaans)

Verkeerde romanse

Wesley dink hy het sy Mev. Reg aanlyn gevind.

-

“Volwasse sakeman, ernstig maar lief vir pret, soek ’n eendersden­kende persoon. Geen eksentriek­es.” Wel, geluk daarmee. Om hom op ’n aanlyn afspraakpr­ofiel te sit was regtig ’n waagstuk vir Ingrid (Stephanie Sandows) se enkelpa, Wesley (Zane Meas). “Hy sou nie goed wees met afsprake nie, want hy is al so lank alleen,” erken Zane. Maar teen alle verwagting­e in lyk dit of Wesley iemand spesiaal teëgekom het in “Lucinda”. Wesley is in sy skik. “Hy kry ’n bietjie meer as wat hy verwag het. Hy het iemand elegant en aantreklik gekry met wie hy maklik kan gesels,” sê Zane. Maar wanneer die paar vir die eerste keer soen op Woensdag 11 Oktober, het Wesley geen idee hoeveel bagasie “Lucinda” saamgebrin­g het nie . . .

SOVEEL OM WEG TE STEEK

Zane self is gelukkig getroud met Megan, maar sê hy sou “aaklig” vaar met moderne afsprake. “Ek het vir my vrou gesê ek is nie so oud nie, maar as sy sou ‘gaan’, dink ek nie ek sou weer trou nie. Ek sou nie kon nie.” En deel daarvan is omdat selfs gewone mense so baie het om weg te steek. “Ek sou dit haat om ná al die jare weer enkel te wees en weer te moet begin date. Ek dink ek sou dieselfde voorbehoud­e hê as Wesley. Wanneer ’n mens getroud is raak jy so gewoond aan ander mense se gedrag, al die onvolmaakt­hede. En nou, nou moet jy al joune weer wegsteek!”

MODERNE LIEFDE

Wesley en Zane het vroue uitgeneem in ’n tyd voor die internet. Toe ’n mens nie aanlyn speurder kon speel nie om alles oor iemand uit te vind, van haar verjaardag tot haar vorige liefdes en Facebook-skandefoto’s. Dit was ’n ander wêreld. “Ek dink daaraan om iemand te leer ken en vir haar blomme te bring – nou kan jy ’n bos blomme stuur met ’n emoji. Ek maak steeds my vrou die hof. Wanneer ek na die jongmense kyk, doen hulle nie eens die helfte van wat ons doen nie. Kyk na spoedafspr­ake. Jy gaan deur 20 mense op ’n aand.”

Dis nie lank nie of dit lyk of Wesley aan boord is met die nuwe, vinnige afspraakwê­reld. Selfs al het Ingrid begin twyfel nadat sy uitvind wie “Lucinda” regtig is op Vrydag 6 Oktober, is Wesley reeds te ver heen om sy nuwe liefie prys te gee. Maar terwyl Wesley en “Lucinda” hul “liefdesaan­d” op Maandag 23 Oktober geniet, gaan een van die stukkies bagasie van haar verlede net een dag later voor haar deur aankom – en nie eens Scandal!-fans wat al lank kyk, sal kan voorspel wat aan die deur kom klop nie . . .

 ??  ?? Ingrid help haar pa met sy aanlyn date-profiel.
Ingrid help haar pa met sy aanlyn date-profiel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa