TV Plus (Afrikaans)

The Walking Dead

-

Seisoen 8 FOX (*125) 21:00 Sci-fi

Koes, kykers! The Walking Dead (2010nou) se langverwag­te oorlog breek vanaand uit met die begin van seisoen 8, en “dit gaan epies wees”, verklap die uitvoerend­e vervaardig­er, Scott Gimple. Aan die een kant is die held Rick Grimes (Andrew Lincoln) en sy oorlewende makkers van die Hilltop en die Kingdom, en aan die ander kant staan die skurk Negan (Jeffrey Dean Morgan) en sy handlanger­s, die Saviors.

Die eerste episode van seisoen 8 is ook die 100ste episode van die reeks, en Scott sê dinge gaan vinnig gebeur. “Die seisoen verloop teen ’n stywe pas. Oor die sewe seisoene het ons al die karakters in plek gestel, en nou is dit tyd vir aksie!”

Selfs Carol Peletier (Melissa McBride), wat ’n kluisenaar­slewe in seisoen 7 (2017) gekies het, is oorgehaal om weer die wapen op te neem. “Met Negan se opgang voel sy geroepe om haar plig te doen,” sê Melissa. “Daar is soveel aksie vir haar. Carol is gewapen. Sy blaas goeters op, druk dus jou ore toe!”

Daryl Dixon (Norman Reedus), wat ’n folterende seisoen 7 beleef het, het sy eie agenda. “Hy soek wraak teen diegene wat hom gepynig en gemartel het. Daryl sal ’n bietjie kop verloor en ’n ruk lank amok maak, maar op die ou end sal hy by Rick staan,” vertel Norman.

Seisoen 8 behoort ook die kyksyfers ’n hupstoot te gee met die bekendstel­ling van ’n nuwe ras zombies – kontorsion­iste (lyfvlegter­s) wat hul arms en skouers op verskeie ongeloofli­ke hoeke kan buig. En volgens gerugte gaan nog ’n groep skurke die seisoen hul opwagting maak – die Whisperers. Toe hy daaroor uitgevra word, was Scott se antwoord: “Daaroor gaan ek geen kommentaar lewer nie.” Neem ’n hap uit daai vleis en geniet dit!

 ??  ?? Andrew Lincoln speel die lewende held Rick Grimes.
Andrew Lincoln speel die lewende held Rick Grimes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa