TV Plus (Afrikaans)

Die brandarmes

Om van minder te leef is nie maklik in maar dit is moontlik. Dollar Day nie,

- A Dollar A Day

Seisoen 1 Sondae SABC3 (*193) 21:00 (begin 29 Oktober)

Die wêreld hou nie op draai wanneer jy nie geld het nie, daarom moet jy alternatie­we maniere vind om klaar te kom. Die vervaardig­ers van die sesdelige realiteits­dokkie se reeks A Dollar A Day (2005) handel oor verskillen­de families regoor die wêreld wat op minder as niks leef, maar elke dag moet klaarkom. Al is dit nie maklik om met so min te oorleef nie, is daar biljoene mense wat in dieselfde armoedsboo­t vaar, en die filmmakers het ’n draai gaan maak in Amerika, China, Bolivië, Indië, Bosnië, Mali en Suid-Afrika.

LOCAL IS NIE LEKKER NIE

In Mzansi het die span die MIV/vigsaktivi­s Bulelwa Cima ontmoet wat deel is van ’n nieregerin­gsorganisa­sie wat mense in die Oos-Kaapse townships bewus maak van die siekte. “Wanneer ’n mens baie arm is, laat dit jou skaam voel,” verduideli­k Bulelwa met ’n brutale eerlikheid. “En dit is soveel erger wanneer jy siek is. ’n Mens het nie geld om hospitaal toe te gaan nie en as jy nie gaan nie, sal jy nie oorleef nie.” Die 28-jarige leer by haar dokter, Virginia Azevedo, hoe om die siekte te hanteer. Virginia sê mense soos Bulelwa gee haar hoop. “Dit maak my nederig om te sien hoe sterk die mense is wat die siekte opgedoen het. Wanneer alles verlore lyk en daar nie meer hoop is nie, het hulle steeds ongeloofli­k positiewe energie om dinge om te keer en ’n verskil te maak.”

Daar is geen reëlboek vir oorlewing nie. Die reeks begin in Bolivië met Maria Cabana, wat by ’n myn werk en ’n winkel wil begin om vir haar kinders te betaal sodat hulle universite­it toe kan gaan. Hoewel sy nie kan lees of skryf nie, beplan sy om die siklus van armoede in haar familie te verbreek. “Toe ek ’n jong meisie was, was dit my droom om die plek te verlaat, maar ek is hier vasgevang vir die res van my lewe,” sê Maria, wat op 15 ’n tienerma was. “Ek het moeilike kinderjare gehad en ons het baie swaargekry. Ons het in dieselfde vertrek gekook en geslaap – die herinnerin­g daaraan laat my huil.”

 ??  ?? Die Boliviaan Maria (middel) verdien R14 per dag by ’n myn.
Die Boliviaan Maria (middel) verdien R14 per dag by ’n myn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa