TV Plus (Afrikaans)

So ’n ou jakkals

Wimpie gooi sy flikkers vir Breggie, maar sy bly agterdogti­g.

-

Binnelande­rs Weekdae kykNET (*144) 19:30

Oom Wimpie (Paul Lückhoff) loop deesdae en sanik soos ’n beer met ’n seer tand. Sy beleggings het die afgelope paar weke nie rente uitbetaal nie en nou is hy lekker platsak op sy oudag. “Wimpie hoor in Binneland se gange Breggie het ’n betreklike groot neseiertji­e vir haarself opgebou. En die slinkse ou jakkals besluit om sy griewe teenoor Breggie te laat staan en by haar te begin vlerksleep,” vertel Paul. Maar die knorrige Wimpie het mos nie die vaagste benul hoe om iemand die hof te maak nie, wat nog te sê van romanties wees?

BIETJIE LIEFDESRAA­D

Wanneer Breggie se geliefde kat Simon op Dinsdag 24 Oktober spoorloos verdwyn, is ’n speelgoedk­at van Wimpie ’n skrale troos vir die gebroke Breggie. “Sy dink nie dis snaaks nie, want hoe kan ’n speelding haar Simon vervang?” sê Paul. Louis (Germandt Geldenhuys) het goeie raad vir Wimpie se gekweste ego: Hy moet t met sy dade vir Breggie wys hy gee vir haar om.

Maar Ferdi (Cobus Venter) kom krap Wimpie se planne deurmekaar. Hy kry snuf in die neus oor sy oom se ware bedoelings, want hy weet Wimpie is bewus van Breggie se groot neseier – en hy konfrontee­r hom. Wimpie besluit om oop kaarte met Breggie te speel en van sy finansiële verknorsin­g te vertel, maar hy wonder of sy hom nie dan gaan ignoreer nie. “Maar wanneer sy uitvind die ou fossiel het dit nie so breed nie, besluit Breggie tog om op Vrydag 27 Oktober vir Wimpie se uitstappie saam met die Eikehoffer­s te betaal,” voeg Paul by. En nou kry Wimpie weer moed.

Maar Breggie begin ongemaklik voel met hierdie gevlerksle­pery van Wimpie. “Sy sê vir haar vriendin Ilse (Hannelie Warren) Wimpie het seker op haar verlief geraak omdat sy so ’n magnetiese en onweerstaa­nbare persoonlik­heid het. En hoe nou gemaak, want sal Wimpie se verliefdhe­id sommer oorwaai?” lag Paul.

 ??  ?? Wimpie sleep deesdae vlerk by die “ryk” Breggie. Ilse.
Wimpie sleep deesdae vlerk by die “ryk” Breggie. Ilse.
 ??  ??
 ??  ?? Louis.
Louis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa