TV Plus (Afrikaans)

Die een of die ander LIEFIE, EK’S TUIS MAAK ’N PLAN

Sasha is ongelukkig wanneer Caroline met Thomas se seun terugkeer.

-

The Bold And The Beautiful Weekdae SABC3 (*193) 18:30

Thomas Forrester (Pierson Fodé) se liefdesboo­tjie seil op rowwe waters, maar dis een storm wat hy dalk bereid sal wees om te verduur. Sy fling met die Forrester-model Sasha (Felisha Cooper) het in iets meer verander, maar dis nie genoeg nie. En Thomas het dalk ’n verskoning om haar te los wanneer Caroline (Linsey Godfrey) terugkeer met sy babaseun, Douglas (Abigail en Brielle Rivera). Caroline is in Augustus weg nadat haar man en Thomas se pa, Ridge (Thorsten Kaye), vir haar gesê het om ’n gesin te wees saam met Thomas “ter wille van Douglas”. Sy het vertrek omdat sy nie lief was vir Thomas nie – onthou, hulle was stormdronk toe Douglas verwek is. Maar met Caroline en sy seun uit sig en sy gedagtes het Thomas iemand nodig gehad op wie hy kon fokus, en nadat hy Sasha op Woensdag 6 September in die gim raakgeloop het, was hy verlief.

Op Dinsdag 31 Oktober klop Caroline aan Thomas se kantoordeu­r terwyl hy besig is om ’n aandrok vir Sasha te pas. “Caroline, wat doen jy hier?” vra hy, gevolg deur “Is dit my klein Dougie?” “Klein Dougie?” Oeps, het Thomas vergeet om Sasha iets te vertel? Caroline sê vir Thomas: “Ons wou nie terugkom nie. Ek het gehoor van Eric (John McCook) se gesondheid­sprobleme en ek wou hom sien. Maar ek wou jou eintlik sien.” Met sy seun in sy arms sê Thomas vir haar: “Ons het ’n pragtige outjie gemaak, het ons nie?” Dis die teken waarop Caroline gewag het en sy sê op Donderdag 2 November vir hom: “Douglas het sy pa nodig. Ek het besef hoe spesiaal jy is en hoeveel jy regtig vir my beteken het. Ons behoort ’n gesin te wees.” Sy soen hom op Dinsdag 7 November en gaan voort: “Albei ouers behoort saam te wees. Ek wil regtig hê ons moet ’n gesin wees.”

DIE RIDGE-ROETE

Sasha het al die tyd afgeluiste­r en voor Thomas sy mond op Dinsdag 7 November kan oopmaak, sê sy: “Dis beter om dinge te beëindig, Thomas. Dit was pret om mekaar te geniet, maar ek kan nooit in die pad staan van ’n pa en sy kind nie, veral omdat ek weet hoe dit is om sonder ’n pa groot te word.” As daar een ding is wat fans geleer het van Bold se gelukkige gesinne, is dit daar is nie een nie, maak nie saak hoe hard die ouers probeer nie . . .

 ??  ?? Sasha voel hartseer omdat sy Thomas moet afsê. Caroline het haar “gelukkige” gesin saam met Thomas en klein Douglas.
Sasha voel hartseer omdat sy Thomas moet afsê. Caroline het haar “gelukkige” gesin saam met Thomas en klein Douglas.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa