TV Plus (Afrikaans)

Sepies in die VSA, Broken Vows, Isithembis­o

-

BOLD

Sheila wil naby Eric wees by Forrester Creations sodat sy hom kan manipuleer om op haar verlief te raak. Eric is moeg daarvoor om na die Forrester-huis om te sien en kry ’n opsigter om dit te onderhou, en Wyatt en Katie hoef nie meer hul verhouding geheim te hou nie; almal weet daarvan! Sheila gaan voort met haar plan om met Eric te trou, en Bill probeer met Brooke versoen raak nadat hy Ridge gewaarsku het om weg te bly. By Spectra Fashions help Liam Sally en haar span om die sukkelende modehuis reg te ruk, en Wyatt bewys hy’s sy pa se kind deur Bill se kant by Spencer Publicatio­ns te kies.

DAYS

Ben daag ongenooid by die troue op en hy word dan verwyder, maar nie voordat hy onthul Will leef nog nie – iets wat Sonny nie glo nie. Paul stel voor Will se oorskot word opgegrawe, en Lucas weet nie of hy krag het vir enige verrassing­s oor sy seun Will se oorskot nie. Chad en Abbi gaan voort met hul trouplanne, en Eli soen Gabi. Rafe en Hope loop kop aan kop vir die polisiekom­missaris se pos, en JJ se werk as ’n Salem-polisieman word bevraagtek­en. Chloe koop ’n deel van die klub, en Brady weet nie wat om te dink van Eric en Nicole se uitganery nie. Victor moet besluit wie Titan se nuwe uitvoerend­e hoof gaan wees – Brady of Sonny.

Y&R

Sharon wil by Alice weet waar Crystal is, of sy bel die polisie, Sharon vermoed onraad, en Cane en Lily kondig aan hulle gaan skei. Hilary sê vir Cane om nie sy vrou en hul tweeling die rug toe te keer nie, en Jack en Nikki hou ’n verenigde front voor. Chelsea dink Nick raak obsessief oor wraak, en Victor sê Kevin moet meer geld by Nick steel. Nick kry die gevoel Victor konkel teen hom, en Ashley is die middelpunt van belangstel­ling. Intussen gee Dina Jack ’n waarborg Victor gaan nie teen hom optree nie.

 ??  ?? Sheila is gereed om weer te trou – dié keer met Eric Forrester.
Sheila is gereed om weer te trou – dié keer met Eric Forrester.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa