TV Plus (Afrikaans)

Sci-fi: The Handmaid’s Tale

Die toekoms van die menslike ras is ’n nagmerrie vir vroue in die skrikwekke­nde sci-fi-reeks The Handmaid’s Tale.

- The Handmaid’s Tale

Seisoen 1 Maandae M-Net (*101) 22:00 (begin 30 Oktober)

The Handmaid’s Tale (2017-nou) is ’n onrusbaren­de wipwarit vol kinkels en kabels, verrassing­s en skokke en veel erger. Dis gegrond op die 1985-roman van Margaret Atwood, en handel oor (Elisabeth Moss, Peggy in die periodedra­ma Mad Men, 2007-2015). Dis haar plig as ’n “dienares” om kinders te voorsien in die Republiek van Gilead, ’n moderne Verenigde State wat gevorm is ná ’n burgeroorl­og en ’n drastiese afname in vrugbaarhe­id weens besoedelin­g en seksueel oordraagba­re siektes.

“Die dienaresse word gedwing om seks te hê met die huisbaas, wat basies verkragtin­g is, om kinders te baar vir die familie aan wie hulle toegewys is,” sê Elisabeth. “Dis nie ’n lekker plek om te bly of ’n gawe ‘werk’ nie.” Vroueregte is iets van die verlede en hulle is van sosiale status gestroop in Gilead. Vroue het slawe geword vir hul mees basiese funksie: voortplant­ing.

Offred VRUGBARE OPLOSSING

Voordat sy ontvoer en hernoem is, was Offred se naam June Osbourne en sy het ’n gesin gehad – manlief (O-T Fagbenle, Danny in die Britse riller The Five, 2016-nou) en hul dogter, (Jordana Blake). Hulle het uit Gilead gevlug toe June aangekeer is en sy weet nie of hulle nog leef nie. Maar soos Offred in haar vertelling sê: “Ek wil net oorleef vir my dogter se onthalwe!” Offred behoort nou aan

(Joseph Fiennes, Merlin in 2011 in die fantasiere­eks Camelot), een van die stigtersle­de van Gilead en man van die skynbaar onvrugbare

(Yvonne Strahovski, Sarah in die aksiereeks Chuck, 2007-2012). Hoewel Serena wreed teenoor Offred is omdat sy Fred nie kinders kan gee nie, is Fred deernisvol en hy sal selfs die wet oortree om by Offred te wees buite haar dienares-pligte. Hy probeer dit omseil

Fred Waterford Serena Joy Luke Hannah kommandeur

in episode 2 (6 Oktober) deur Offred te nooi om saam met hom Scrabble te speel. Wetsoortre­ding is egter nie ’n opsie vir die dienaresse nie – as hulle sonder hul rooi rokke en wit kappies gesien word, wag wrede straf op hulle, soos die uitruk van hul oë of verminking van hul geslagsdel­e. “Moenie dink dis ’n fantasiere­eks nie,” sê die skrywer Margaret. “Dis ’n mengelmoes van dinge wat regtig in die wêreld gebeur!”

’N STEM VIR VROUE

“Die beheer oor vroue en babas was deel van elke onderdrukk­ende regime in die geskiedeni­s,” sê Margaret, en Elisabeth voeg by haar rol as Offred het haar uitgedaag. “Ek is ’n feminis en ek is nie skaam daaroor nie. Toe ek die draaiboek lees oor vroue wat van hul regte gestroop word, moes ek dit net doen!” En haar medester Yvonne herinner kykers “dis ’n menslike storie en vroueregte is menseregte. Dit gaan oor gelyke regte, maar op die ou end is dit nie gelyk nie.”

GASSTERRE Ofglen

(Alexis Bledel, Rory in die drama Gilmore Girls, 2000-nou) is Offred se inkopie-metgesel.

(Ann Dowd, Patti Levin in die sci-fi-reeks The Leftovers, 2014-2017) is die dienaresse se oppasser.

Tant Lydia PRYSE EN NOG PRYSE

The Handmaid’s Tale het met ’n sak vol beeldjies weggestap by vanjaar se Emmy-prysaand – vir beste dramareeks, beste aktrise in ’n dramareeks, beste byspeelste­r in ’n dramareeks, beste regisseur asook draaiboek vir ’n dramareeks, en beste gasspeelst­er. Dit het ook pryse opgeraap by die TV Criticstoe­kennings en die Gold Derby TV & Film-toekenning­s. Wil jy ’n kopie wen van die roman The Handmaid’s Tale? Blaai na bl. 4!

 ??  ?? Die lewe is so erg (of erger) as die tronk vir die dienaresse.
Die lewe is so erg (of erger) as die tronk vir die dienaresse.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa