TV Plus (Afrikaans)

Skeem Saam

Mokgadi se nuutgevond­e seun, Noah, veroorsaak chaos in haar lewe.

-

Skeem Saam Weekdae SABC1 (*191) 18:30

Dit lyk of niks sin maak vir die ondersoeke­nde joernalis Mokgadi (Pebetsi Nolo Matlaila) nie. Haar instink is gewoonlik in die kol wanneer dit kom by die bron van die waarheid, maar die aankoms van haar langverlor­e 14-jarige seun, Noah (Tiisetso Mashala), het haar van koers af. “Dis alles ’n waas vir Mokgadi. Die seun se stories maak nie sin nie,” sê Pebetsi, en Mokgadi se skoonouers wil op Woensdag 25 Oktober agter die waarheid kom oor Noah se twyfelagti­ge gedrag. “Eers was Mokgadi verlig haar soektog is verby en al wat sy wou doen is om tyd saam met Noah deur te bring. Maar almal waarsku haar om hom nie te vertrou nie, want hy lyk geestelik onstabiel, en die hele situasie veroorsaak groot ongelukkig­heid onder haar geliefdes,” voeg Pebetsi by.

MONSTERMA

Soos enige bekommerde ouer waak Mokgadi se inmengerig­e ma, Mary (Motshabi Tyelele), oor haar dogter se welstand. Sy dink Mokgadi is te betrokke by die “vals” seun en sy vra Mokgadi se man, Leeto (Eric Macheru), op Donderdag 26 Oktober om haar te help om van Noah ontslae te raak. “Leeto is geskok! Hy wil weet hoekom, maar soos Mary maar is, vermy sy die waarheid en probeer hom manipuleer,” verduideli­k Pebetsi. Al het Mary Mokgadi gewaarsku om nie slapende honde wakker te maak en nie met Noah kontak te maak nie, wou Mokgadi altyd vergoed vir die verlore tyd met die seun wat sy as tienerma prysgegee het.

“Noah is Mokgadi se swakpunt en dis ’n angswekken­de posisie, want sy’s bereid om alles vir hom prys te gee,” verduideli­k die aktrise. Mokgadi stres wanneer Noah in die geselskap van plaaslike gangsters verdwyn op Dinsdag 31 Oktober. “Mokgadi wil Noah help, maar sy voel of sy ’n gat vir haarself gegrawe het. Sy het net gewoond geraak daaraan om ’n ma te wees en nou voel sy almal is reg oor die seun,” sê Pebetsi.

BEDROGSPUL

Mokgadi se skoonma, Meikie (Harriet Manamela), is op Mary se spoor op Donderdag 2 November. Sy dink Mary weet meer van Noah af as wat sy laat blyk – “en sy’s reg. Almal vermoed Mary is die rede waarom Noah in die eerste plek verdwyn het,” sê Pebetsi. Die polisie vind hom op Vrydag 3 November en hy het iets verkeerds gedoen. “Dis hartseer dat Mokgadi die een is wat sal seerkry wanneer sy die waarheid agter die bedrogspul uitvind,” sê die aktrise.

 ??  ?? Mokgadi se gevoelens wissel van vreugde tot hartseer. Daar is iets wat Mary (heel bo) oor Mokgadi se seun, Noah, wegsteek.
Mokgadi se gevoelens wissel van vreugde tot hartseer. Daar is iets wat Mary (heel bo) oor Mokgadi se seun, Noah, wegsteek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa