TV Plus (Afrikaans)

Rhythm City

Blossom wil hê Kop moet vir haar sê hoe hy regtig voel.

- Rhythm City

Weekdae e.tv (*194) 19:00

Hoewel Blossom (Slindile Nodangala) nou saam met “die liefde van haar lewe”, Kop (Setlhabi Taunyane), onder een dak woon, wil sy graag die “verbind-tot-mekaar”-boksie op haar doenlysie aftik. Blossom steek gewoonlik haar gevoelens weg en gaan deur die lewe asof alles in die haak is, maar dis anders op Woensdag 25 Oktober ná sy besef haar droom om die volgende mev. Khuse te word gaan waarskynli­k nooit waar word nie.

“Blossom en Kop het hul gevoelens vir mekaar erken, maar hulle is nie in ’n romantiese verhouding nie,” sê Slindile. “Dit maak Blossom onrustig, want sy dink Kop gaan hom nooit ernstig tot haar verbind nie.” Omdat Blossom meer soos ’n kamermaat as Kop se minnares voel, probeer sy op Donderdag 26 Oktober haar frustrasie­s uitspel, maar “weens haar geaardheid sê sy hom nie reguit hoe sy voel nie. Kop verstaan haar verkeerd en Blossom is nog meer geïrriteer­d,” vertel Slindile.

VERKEERDE BOODSKAPPE

Blossom kan kwalik haar ongelukkig­heid wegsteek op Vrydag 27 Oktober, en haar vriend

Fats (Mpho Molepo) sien dit raak en bied aan om te help. “Maar hy kry ook die verkeerde indruk,” lag Slindile. “Blossom praat openhartig met Fats soos sy nie met Kop kan nie en vertel hom alles wat met Kop aangaan, maar nou dink Fats sy’s verlief op hom.” En die misverstan­d word erger op Woensdag 1 November wanneer Blossom “swak met Fats kommunikee­r”, vertel die aktrise. “Sy’s treurig daarmee om sake van die hart te verduideli­k!”

RAAD EN DAAD

Onbewus van die verwarring, vra Blossom Fats op Maandag 6 November vir meer hulp met Kop. “Blossom het al die hulp nodig wat sy kan kry en sy wil hê Kop moet sterk en soos ’n man teenoor haar optree,” sê Slindile. “Maar Fats weet nie wat om te doen nie. Intussen tree Kop op soos die tipiese ou wat nie die kloutjie by die oor kan bring nie, en dit maak Blossom net meer vies.”

Daar’s ’n sug van verligting later die dag wanneer Blossom se boodskap tot Fats deurdring en hy besef dit gaan regtig oor Blossom en Kop – en dat sy Fats se raad vra omdat hy Kop beter as enigiemand anders ken. “Fats was na aan Kop se vrou Mamokete (Connie Chiume), wat in April 2016 oorlede is,” sê Slindile. Sy voeg by haar karakter “is dalk ’n introvert, maar sy is steeds ’n sterk matriarg. Sy weet wat sy wil hê, nou moet sy net uitwerk hoe sy Kop se hart kan wen.”

 ??  ?? Blossom en Kop kom goed oor die weg, maar Blossom is nie heeltemal tevrede nie.
Blossom en Kop kom goed oor die weg, maar Blossom is nie heeltemal tevrede nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa