TV Plus (Afrikaans)

Suidooster

Lee-Ann Jacobs en Adam Jantjies se troue is alte spoggerig.

-

Suidooster Maandae-Donderdae kykNET (*144) 18:30

Teenkantin­g, agterdog en wantroue is van die grootste uitdagings wat die paar Lee-Ann Jacobs (Portia Joel) en Adam Jantjies (Kevin Smith) sedert September ervaar toe hulle ’n verhouding aangeknoop het. Maar wonder bo wonder het hulle dit alles oorkom en op Donderdag 19 Oktober trou aan mekaar beloof. Tvplus het eksklusief elke sappige detail van die troue en daarna vir ons lesers gekry!

OORHAASTIG­E BESLUIT?

Vir ’n buitestand­er kan dit lyk of dit ’n oorhaastig­e besluit was vir die twee om te trou, want hulle ken mekaar skaars ’n paar maande. Maar Portia sê dit was die regte keuse. “Daar’s iets omtrent Adam wat Lee-Ann uitgeboul het en ’n mens laat dit nie sommer deur jou vingers glip nie.” Kevin stem saam. “Nee wat, hulle is perfek vir mekaar,” sê hy.

Maar wanneer die getroudes op Woensdag 25 Oktober van hul wittebrood terugkeer, besef hulle alles is nie pluis in hul woonstel nie. Lee-Ann besef eers op Donderdag 26 Oktober wat dit is wanneer die binneversi­erder Carmen (Desiré Gardner) by haar bieg Chris (Marcel van Heerden), Lee-Ann se ekskêrel, het daar rondgekrap omdat hy Adam steeds nie vertrou nie. “Sy is woedend, want sy voel haar en Chris se verhouding is beëindig en sy het aanbeweeg. Waarom karring hy nog aan haar en Adam en skend hul privaathei­d so?” vertel Portia. Lee-Ann konfrontee­r Chris daaroor en laat hom mooi verstaan hy moet sy neus uit haar en Adam se sake hou.

’N NUWE BEGIN

Lee-Ann het net voor die troue (op Dinsdag 17 Oktober) bedank by Suidooster-Eiendomme (SOE), wat sy saam met haar swaer, Ian October (Abduraghma­an Adams), bestuur het. Sy was keelvol vir Ian wat haar verhouding met Adam – wat vir SOE se grootste kompetisie, Panvista Eiendomme, werk – bevraagtek­en en geïnsinuee­r het Adam misbruik haar net om inligting te kry om hul besigheid te kaap. Tot dusver was daar geen bewyse vir die agterdog nie – inteendeel op Maandag 30 Oktober bewys Adam hy is nie ’n spioen nie wanneer hy dit oorweeg om sy werk te los en saam met Lee-Ann ’n splinternu­we ondernemin­g te begin.

“Adam beleef nou dieselfde as wat Lee-Ann by SOE ervaar het,” sê Kevin. “Adam word uitgesluit van groot besluite wat geneem word en hy word as ’n verraaier gebrandmer­k.”

Op Donderdag 2 November fantaseer Adam en Lee-Ann oor hul toekoms saam as sake- en huweliksve­nnote.

 ??  ?? Lee-Ann lyk beeldskoon in haar gatsbystyl trourok wat by ’n vooraansta­ande boetiek in Kaapstad gekoop is. Adam se donkerblou pak is by dieselfde boetiek aangeskaf.
Lee-Ann lyk beeldskoon in haar gatsbystyl trourok wat by ’n vooraansta­ande boetiek in Kaapstad gekoop is. Adam se donkerblou pak is by dieselfde boetiek aangeskaf.
 ??  ?? Die bruid se ma, Mrs. J (Theresa Sedras), stap saam met Lee-Ann in die paadjie af.
Die bruid se ma, Mrs. J (Theresa Sedras), stap saam met Lee-Ann in die paadjie af.
 ??  ?? Danni (Vashti Prins), Zoe (Lauren Joseph) en Bianca (Simone Biscombe) lyk pragtig – en kyk net Danni se kleurryke oorbelle!
Danni (Vashti Prins), Zoe (Lauren Joseph) en Bianca (Simone Biscombe) lyk pragtig – en kyk net Danni se kleurryke oorbelle!
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa