TV Plus (Afrikaans)

Drama: Erfsondes

’n Sagter Samantha kry ’n nuwe greep op haar lewe.

- Erfsondes

Seisoen 6 Dinsdae SABC2 (*192) 19:00

Catriona Andrew (43) het nog altyd haar stempel onmiskenba­ar op ’n karakter afgedruk. Soos haar debuutrol as Jane Edwards in die sepie Egoli – Plek Van Goud (19922010) wat sy nege jaar lank (van 1995 tot 2004) vertolk het. Aanhangers was geskok toe sy Egoli destyds vrywillig verlaat het en haar karakter deur Corine du Toit oorgeneem is (nadat Jane van ’n perd afgeval het). Daarna het verskeie sterk rolle gevolg, soos Alix, ’n paaldanser­es, spioen en kuberkrake­r in die aksiereeks Snitch (2004), en Nadien in die dramareeks The Lab (2013).

SABC2-kykers ken Catriona as die komplekse Samantha Spencer – ’n karakter wat sy ná vyf jaar in die dramareeks Erfsondes (2007-2012 en 2017) hervat. “Sam was in die verlede die slagoffer van die sondes van haar voorvaders, maar noudat sy self die ma is van ’n dogter, Lungi (Tiyana Williams), het sy sagter en mensliker geword,” vertel Catriona. “Sam het kalmeer en sy probeer om uit daardie bose siklus te ontsnap.”

PRODUK VAN VERLEDE

Waar haar karakter Jane in Egoli ook ’n rykmansdog­ter soos Sam was, meen Catriona Sam was moontlik eerder die slagoffer van haar opvoeding en omstandigh­ede as bedorwenhe­id. “En dit het Sam daartoe gedryf om misdade te pleeg wat haar in die tronk laat beland het (seisoen 3), en het haar daarna aangespoor om wraak te neem op haar tweelingbr­oer, Chris (Emmanuel Castis), deur sy en Kate (Jana Kruger) se pasgebore dogtertjie, Katie, uit die kraamsaal te steel,” vertel Catriona.

In seisoen 6 kom haar karakter voor talle nuwe uitdagings te staan. “Sam en Vuyo (Bongo Mbutuma) woon in ’n moderne woonstel in Maboneng en hulle raak verstrenge­l in die lewe van die straatkind­ers in hul omgewing. Boonop moet hulle as veelrassig­e paartjie wys dat hul huwelik werk. Maar soos die spreekwoor­d lui, die liefde oorwin alles.”

Sam moet ook as sakevrou (medevennoo­t saam met Chris en Vuyo van die Spencers se maatskappy) haar staal wys, voeg Catriona by.

MA-WEES EN VERHUISING

Catriona het nes Sam die laaste paar jaar verskeie omwentelin­gs en aanpassing­s in haar lewe gehad. Sy het self ma geword – sy en haar lewensmaat, die entreprene­ur Nicolas Schwartz, het ’n sesjarige dogtertjie, Kenzi. Die gesin het drie jaar gelede van Johannesbu­rg na Groenpunt, Kaapstad, verhuis. Sy verlang nog baie na die goue Egoli- dae, bieg Catriona. “Ek het kontak met ’n paar van die akteurs, soos Brümilda van Rensburg (Louwna), Christel Smith (Tarien), wat in New York

woon, en Ntathi Moshesh (Lerato).”

Herken mense haar op straat as Jane of Sam? “Nie een van die twee nie,” lag sy. “Hulle eien wel my stem en sê dan: ‘Jy is mos Catriona!’ Dis eintlik goed dat mense my nie net met een karakter identifise­er nie,” sê sy.

 ??  ?? Catriona Andrew vertolk weer die rol van die rykmansdog­ter Sam Spencer in Erfsondes. Catriona, haar lewensmaat, Nicolas Schwartz, en hul dogtertjie, Kenzi.
Catriona Andrew vertolk weer die rol van die rykmansdog­ter Sam Spencer in Erfsondes. Catriona, haar lewensmaat, Nicolas Schwartz, en hul dogtertjie, Kenzi.
 ??  ?? Catriona as Jane in Egoli saam met Chris Linford (Rex, links) en Eckard Rabe (Chris Edwards).
Catriona as Jane in Egoli saam met Chris Linford (Rex, links) en Eckard Rabe (Chris Edwards).
 ??  ?? In Erfsondes as Sam by Vuyo en hul dogter, Lungi.
In Erfsondes as Sam by Vuyo en hul dogter, Lungi.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa