TV Plus (Afrikaans)

Hier volg die nuus

-

Kykers wat Y&R (1975-nou) mis sedert e.tv dit in Julie vanjaar van sy skedule afgehaal het, kry darem 'n brokkie goeie nuus: Greg Rikaart, wat Kevin Fisher speel, sluit aan by Days Of Our Lives (1965-nou; sien bl. 21). Min is nog bekend oor sy rol en fans in SA sal lank moet wag, want ons uitsending van Days is byna drie jaar agter die VSA – ons sal Greg eers in 2020 sien. Disney marsjeer voort op sy pad van nuwe weergawes. Die nuwe reeks, DuckTales, handel oor die avonture van die skatryk Scrooge McDuck en sy kleinneefs Huey, Dewey en Louie, met oom Donald Duck wat dan en wan inloer. Disney het ook groot talent ingespan vir die karakterst­emme, soos David Tenant (Dr. Who, 2005-2013) as Scrooge, Danny Pudi (Abed in Community, 2009-2015) as Huey en Ben Schwartz (JeanRalphi­o Saperstein in Parks & Recreation, 2010-2015) as Dewey. Mev. Beakley, die drieling se oppasser, sal met die stem van die Nigeriese aktrise Toks Olagundoye (Jackie in The Neighbors, 2012-2014) praat. Terwyl fans geduldig wag om te hoor wanneer seisoen 14 van die mediese drama Grey's Anatomy (2005-nou) in SA uitgesaai word, het ons 'n nuusbrokki­e: die reeks het ses nuwe karakters bygekry. Tot dusver is hulle meesal nuwelingak­teurs wat interns by die Sloan Memorial-hospitaal speel, maar ons ken Alex Blue Davis, wat 'n paar kameerolle as Vernon Palumbo in NCIS (2003nou) gehad het. Robert Kirkman, die skepper van die apokalipti­ese sci-fi-reeks The Walking Dead (2010-nou) en die voorreeks Fear The Walking Dead (2015-nou), het by ’n New York- Comic-con bespreking laat glip daar sal ’n oorkruis- episode “in die afsienbare toekoms wees – 2018”. Hy het nie meer onthul nie, buiten dat fans kan verwag ’n karakter van een reeks sal in die ander verskyn. Dit word glo gedoen om Fear The Walking Dead se kykergetal­le ’n hupstoot te gee ná dit in die huidige seisoen 3 effens afgeneem het. Connie Britton gaan dalk gou na skerms terugkeer buite die countrymus­iekwêreld van Nashville (2012nou). Sy het 'n rol gekry in die komende dramareeks 9-1-1 oor die wêreld van polisie, paramedici en brandweerm­ense. “Ek's regtig opgewonde, want ek het nog nie so iets gedoen nie,” sê Connie, wat vir 'n Emmy benoem is en wat self haar liedjies in

Nashville sing.

Die Hollywood-ster Idris Elba (Nelson Mandela in 2013 se biografies­e fliek Long Walk To Freedom) vestig sy aandag op TVkomedie in die komende reeks The Long Run. Dit speel in die 1980’s in Londen af en gaan oor ’n gesin van Sierra Leone. Idris sê: “Ek’s effens senuagtig, want ek is nie ’n komedie-ou nie, maar dis lekker om mense te laat lag in ’n wêreld wat ’n bietjie vreugde kort.” Die tawwe akteur Sylvester Stallone sal 'n kameerol hê in seisoen 2 van die dramediere­eks This Is Us (2016-nou). Tydens verfilming was die reeks se sterre soos Milo Ventimigli­a (Jack) in vervoering. “Dis Rocky, komaan!” het Milo gesê. Die Disney-animasiefl­iek Frozen (2013) kry amptelik ’n vervolg, en Anna gaan weer met Kristen Bell (Eleanor in die komedieree­ks The Good Place, 2016-nou) se stem praat. Kristen het ook stemwerk vir twee Frozen-kortflieks gedoen. Die superfliek­vervaardig­er Steven Spielberg en Bryan Fuller werk saam aan 'n nuwe weergawe van Steven se gruwel-sci-fi-reeks Amazing Stories (1985-1987). Hulle het met die tegnoreus Apple saamgespan en Steven se produksiem­aatskappy, Amblin Entertainm­ent, sal dit vervaardig.

 ??  ?? Scrooge McDuck is op pad terug.
Scrooge McDuck is op pad terug.
 ??  ?? Nashville se Connie Britton.
Nashville se Connie Britton.
 ??  ?? Greg Rikaart skuif van Y&R na Days.
Greg Rikaart skuif van Y&R na Days.
 ??  ?? Idris Elba verruil flieks vir die TV.
Idris Elba verruil flieks vir die TV.
 ??  ?? Sly Stallone sluit by This Is Us aan.
Sly Stallone sluit by This Is Us aan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa