TV Plus (Afrikaans)

Komedie: Hotel

Die vryskut-aktrise Simoné Nortmann sit nie stil nie.

- Hotel

Seisoen 2 Maandae kykNET (*144) 20:30

In 2015 het almal die jong aktrise Simoné Nortmann ná drie jaar as die karakter Nadia Croukamp in 7de Laan (2000-nou) gewaarsku sy maak ’n groot fout om die sepie te verlaat. Daar is gesê sy gaan brûe verbrand, maar ná twee jaar as vryskutakt­rise pluk die 27-jarige die vrugte van haar besluit om aan te beweeg. “Deure het vir my oopgegaan en ek het nie woorde om my dankbaarhe­id te toon nie,” sê ’n nederige Simoné. Tans is sy op die kassie te sien as die ontvangsda­me Jony van Die Fransenhot­el in seisoen 2 van die kykNETreek­s Hotel. En Jony gaan in die nuwe seisoen onkant gevang word deur die lewe en die liefde, verklap Simoné.

LAG NOG ’N SLAG

Dit het soos ’n familiereü­nie gevoel toe Simoné in Julie vanjaar terugkeer na die Kleinkaap-boetiekhot­el in Centurion, waar die reeks verfilm word. “Dis die eerste keer in my loopbaan dat ek die geleenthei­d kry om terug te keer na ’n reeks vir ’n tweede seisoen, en dit was wonderlik om weer in Jony se skoene te staan,” vertel Simoné.

In seisoen 1 (2016) het Jony se storielyn oop geëindig met die romanse tussen haar en Thomas (Beer Adriaanse), die verteenwoo­rdiger van die Louriergro­ep wat Die Fransen besit, wat nog in die lug hang. In seisoen 2 is daar egter ’n jong boer, Jaap (De Klerk Oelofse, Lourens in seisoen 2 van Die Boekklub, 2016-2017), wat sy oog op Jony het en sy geniet die aandag. “Dinge tussen Jony en Thomas is nog wankelrig, en al is Jaap slegs oulik en dierbaar vir haar, hunker haar hart nog na Thomas,” vertel Simoné. “En sy gaan Jaap se verliefdhe­id gebruik om Thomas jaloers te maak en hom hopelik so in te katrol.”

Kykers kan ook uitsien na ander manewales wat Jony en die res van die personeel by Die Fransen aanvang. “Jony en kie gaan definitief minder in beheer wees die seisoen,” verklap Simoné.

MUSIEK VIR DIE PRET

Simoné het ’n groot liefde vir die verhoog en het begin Oktober vanjaar haar eie eenvroupro­duksie, Los ’n Boodskap Asseblief, by die Aardklop-kunstefees in Potchefstr­oom opgevoer. As deel van die bemarking het sy ’n parodiemus­iekvideo op sosiale media uitgereik saam met haar woonstelma­at, die aktrise Mila Guy (Malanie in Hotel), en hul buurvrou, die aktrise Ansu Visser (aanbieder op chatNOU! Maandae en Woensdae om 16:50 op kykNET NOU!). Die liedjie wat Simone sing, Nog Net Een Dans, is uit haar eie pen, maar sy skaterlag oor die moontlikhe­id van ’n sangloopba­an. “O, jinne nee! Ek het geen begeerte om te sing nie. Die musiekvide­o was net vir die pret, maar ek is bly Jan Alleman het dit goed ontvang.”

DEEL VAN TONEELKENN­IS

Dis vir Simoné belangrik om jong mense wat die vermaakbed­ryf wil betree, te help. En sy doen dit deur haar drama-werkwinkel. “Ek wil graag dit wat ek met die jare geleer het, oord oordra aan ander wat my liefde vir die kunste deel. Art Of A Acting is ’n werkwinkel w waar ek die basiese f fundamente­le aspekte v van toneelspel aanbied. D Dit strek oor drie dae, en ek beplan om dit weer in Nov November en vroeg volgende jaar aan te bied.” Is daar ’n kans dat ons Nadia weer in Hillside gaan sien? “Tans is daar nie enige sulke vooruitsig­te nie, maar kykers sal my binnekort sien in die fliek Vuil Wasgoed, wat in Desember in teaters wys. En daar’s ander opwindende projekte waaroor ek nie nou meer kan verklap nie,” sê Simoné. Ons hoop dit sluit nog ’n liedjie en ’n romanse in vir die bondel dinamiet!

 ??  ?? Simoné se Jony-karakter in Hotel het ’n nuwe bewonderaa­r: die boer Jaap (De Klerk Oelofse, inlas).
Simoné se Jony-karakter in Hotel het ’n nuwe bewonderaa­r: die boer Jaap (De Klerk Oelofse, inlas).
 ??  ?? Musiekpret saam met Mila Guy (links) en Ansu Visser.
Musiekpret saam met Mila Guy (links) en Ansu Visser.
 ??  ?? en Thomas, die hotelbaas (Beer Adriaanse).
en Thomas, die hotelbaas (Beer Adriaanse).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa