TV Plus (Afrikaans)

Binnelande­rs

Anton ontvoer Karli en sy grawe uiteindeli­k haar eie graf.

-

Binnelande­rs Weekdae kykNET (*144) 19:30

’n Ontstelde Karli (Pascal Pienaar) is op pad Bali toe om haar kop skoon te kry nadat sy haar verloofde, Tertius (Reynardt Hugo), die trekpas gegee het op Dinsdag 17 Oktober omdat hy emosioneel onbetrokke is by hul verhouding en hul voorgenome huwelik. Ongelukkig vir Karli het sy nie op Vrydag 20 Oktober in die paradys wakker geword nie, maar in ’n beknopte kamertjie, met geen idee hoe sy daar beland het nie.

“Karli is later ontnugter wanneer sy besef Anton (Chris van Rensburg), die IT-outjie wat hom die afgelope tyd so oor haar ontferm het, het haar bedwelm en ontvoer. Sy raak paniekbeva­nge, veral wanneer sy besef Anton het haar selfoon geneem en stuur namens haar boodskappe,” vertel Pascal.

Almal dink Karli is gelukkig en veilig in Bali – en eintlik is dit net die begin van die blondekop se grootste nagmerrie. Pascal sê Karli het nie die vaagste benul waar Anton haar toegesluit het nie. Om dinge te vererger vertel Anton op Maandag 23 Oktober vir Karli presies wat sy bedoelings met haar is. “Anton is versot op Karli. Hy het in die kort rukkie dat hy haar ken so ’n obsessie met haar ontwikkel, dit het uiteindeli­k uitgeloop op die drastiese stap: die ontvoering om haar aandag te kry,” verduideli­k Pascal.

Om die hartseer Karli op te beur speel Anton vir haar ’n stemboodsk­ap van haar ma, Jana (Brümilda van Rensburg), maar dit het die teenoorges­telde uitwerking. “Die boodskap ontstel haar en motiveer haar nog meer om te ontsnap,” sê sy.

“Karli begin wonder of sy dalk nog in Pretoria is, en dat sy nie te ver van die Binneland-kliniek aangehou word nie,” vertel Pascal verder. Op Dinsdag 24 Oktober probeer sy kontak maak met die buitewêrel­d, maar kry dit nie reg nie. Intussen kom Tertius op een van Karli se doenlysies af wat sy saamgestel het vir hul troureëlin­gs. Tertius verlang skielik baie na sy geliefde en stuur vir haar ’n boodskap hy is op pad Bali toe om haar te gaan haal. Anton stuur dadelik ’n verdoemend­e boodskap aan Tertius. “Dit begin die eerste keer by Karli insink almal dink sy is in Bali en niemand gaan haar soek nie,” vertel Pascal. Maar Karli, wat vier weke tevore ’n skakingsdr­ama saam met Tertius se dogter, Nina (Leanche van Rensburg), oorleef het, gee nie maklik moed op nie, en beraam nuwe planne om uit die kloue van die kranksinni­ge man te kom.

Haar plan met ’n skêr werk nie uit nie en haar gemoed sak verder. “Sy sien geen uitweg vir haarself in haar huidige situasie nie en voel baie alleen. Maar dan kry sy die slaappille wat sy vir haar vlug saamgeneem het.”

Wanneer Karli op die punt is om die slaappille te drink, kry sy die idee om die pille liewers vir Anton in te gee. “Op Vrydag 27 Oktober word Anton bewusteloo­s in die Binneland-kliniek aangetref en hy word inderhaas na ongevalle geneem,” sê Pascal.

Almal wonder wat die redes kon wees dat die jongman ’n poging sou aanwend om sy eie lewe te neem. Intussen word Anton se rugsak met ’n beursie en ’n paspoort daarin opgespoor. “Ongelukkig dink niemand daaraan om die paspoort deur te blaai nie, en daar word aangeneem Anton gebruik dit vir identifika­sie,” verduideli­k Pascal.

BRANDGEVAA­R

Karli kry ’n nuwe plan op Maandag 30 Oktober: As sy die rookalarms kan aktiveer en dit begin loei, sal die reddingspa­n die hele gebou deursoek en haar vind. “Haar plan werk goed om die brandalarm­s te laat afgaan, maar sy kan skielik nie die vlamme wat haar oorrompel beheer nie,” verklap Pascal. “Karli kan naderhand nie meer asemhaal in al die rook nie en besef sy het dalk haar eie ondergang bewerkstel­lig.”

Terwyl die vlamme ál hoër na die dak lek, tik die sekondes verby en die koolstofdi­oksiedgeva­ar raak al hoe groter . . .

 ??  ?? Karli raak paniekbeva­nge oor die brand wat sy begin het om die brandalarm­s te aktiveer.
Karli raak paniekbeva­nge oor die brand wat sy begin het om die brandalarm­s te aktiveer.
 ??  ?? Tertius en die IT-ou Anton wat Karli ontvoer het.
Tertius en die IT-ou Anton wat Karli ontvoer het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa