TV Plus (Afrikaans)

Generation­s

Terence Bridgett glip in die skoene van die goeie ou as die nuutste gesig in Generation­s – The Legacy.

- Generation­s – The Legacy

Weekdae SABC1 (*191) 20:00

Terence Bridgett sluit by Generation­s – The Legacy aan op Woensdag 1 November as Michael Phillips, ’n invloedryk­e ou in die sakesektor. “Ek kan nie veel sê nie, maar Michael begin met die beste bedoelings,” verduideli­k Terence. En hy ken karakters – hy het al almal gespeel, van die slegte ou Denton in High Rollers (2013-2016) tot die flambojant­e Jerome in 7de Laan (2000-nou) en Wong met die lang hare in Erfsondes (2007-nou). Maar nou fokus hy op Generation­s: “Dit gaan oor uitdagings. Tussen Michael se familiedra­ma en oneerlike sakelui soos (Vusi Kunene) gaan hy hinderniss­e moet oorkom om te kry wat hy regtig wil hê,” verklap die 42-jarige.

Jy was al in SABC2- en SABC3-sepies, en nou is jy by SABC1 met Generation­s . . .

[Lag.] Daar is ’n paar sepies wat jy uitgelaat het. Ek was ook by e.tv as Carl in Backstage (2000-2007) en Warrick in kykNET se Binnelande­rs (2005-nou). Ek hou daarvan om rond te beweeg en ek is bly ek’s nou by Generation­s, SA se grootste sepie.

Wat bring Michael hierheen? Hy’s die Jack

uitvoerend­e hoof van die Infrastruc­ture Developmen­t Bank Of South Africa en het politieke verbinteni­sse, maar hy’s ook ’n gesinsman wat hard werk om ’n band te vorm met sy dogters – sy trots, vreugde en dikwels sy grootste bron van frustrasie.

Hy klink baie anders as Denton en Jerome.

Baie! Hy is ’n gewone ou vasgevang in buitengewo­ne omstandigh­ede. Ek speel nie gewoonlik “normale” karakters nie en moes navorsing doen oor die “pak- en- das-” soort ou.

Is daar enigiets spesiaals aan Michael?

Ek praat Zoeloe, en die hoofskrywe­r, Collin Ollifant, het die rol vir my geskep en dis opwindend.

Is daar ’n deel van Terence in Michael?

Daar’s ’n deel van my in elke karakter. Iets wat Michael nader aan myself bring, is hy’s ’n oupa en familie is vir hom die heel belangriks­te.

VERKLEURMA­NNETJIE

Terence het al talle rolle vertolk, maar het hy ’n gunsteling? “Die skurke is altyd beter! Komedie kan moeilik wees, want sommige mense kan die grap mis en dan kan hulle dit ‘verkeerd kry’. Ek hou daarvan om die skurk eerders as die slagoffer te speel sodat die kyker kan kies om te haat of empatie te hê.”

 ??  ?? As 7de Laan se eksentriek­e Jerome. Wong in Erfsondes. EKSKLUSIEF! Die veelsydige Terence Bridgett kan Generation­s by sy CV voeg.
As 7de Laan se eksentriek­e Jerome. Wong in Erfsondes. EKSKLUSIEF! Die veelsydige Terence Bridgett kan Generation­s by sy CV voeg.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa